top of page
Search

Vuur en Vlam

Writer's picture: Welmarie Janse van VuurenWelmarie Janse van Vuuren

Song of Solomon 6:8

6 Fasten me upon your heart as a seal of fire forevermore.

This living, consuming flame

will seal you as my prisoner of love.

My passion is stronger

than the chains of death and the grave,

all consuming as the very flashes of fire

from the burning heart of God.

Place this fierce, unrelenting fire over your entire being.


Om te sê dat hierdie winter ‘n koue een is, is ‘n under-statement of ‘n eufemisme. Dit is vrék koud. Yskoud. Hibernasie klink glad nie na ‘n slegte idee vir my nie. Ek doen nie goed in die koue nie. Ek sal enige tyd êrens warm gaan wegkruip tot die ergste koue verby is. Maak my wakker as die son weer lekker warm skyn en ek al my reserwe vetjies verbrand het…Reg vir die somer. Bak plan!


Maar, ek moet sê: Stellenbosch se koue is anders as in ander dele van ons land. Daar is koud en dan is daar KOUD. Met ons onlangse vakansie (heel bo in die Noorde), het ons die tweede laaste oggend bitter vroeg op gestaan om te vertrek na die laaste oorslaap, voor ons Kaap toe sou ry. Dit was ‘n bibberende minus 5 grade buite…en ons het onsself gepantser teen die koue met lae klere en kouse en baadjies. Die motor het gelukkig vinnig warm geword en ons kon die temperatuur heerlik beheer tot ‘n gemaklike 20-iets-grade. ‘n Lekker warm “bubble” waarin ons kon vergeet van die koue wat op die monitor nie hoër as 4 grade wou klim nie, tot ons weer moes stop...


Om tyd te spaar - en die lang pad ‘n bietjie korter te maak, het ons deurgedruk van Lephalale tot in Kimberley. Almal was teen hierdie tyd al lekker honger en ons het ‘n plek gesoek waar ons ‘n groot ontbyt kon eet, sodat ons weer ‘n rukkie kon hou voor ons volgende stop. Dit was ‘n Sondag en die kinders se gunsteling wegneem ete restaurante was nog toe. (‘n Vreemde verskynsel vir my kinders wat in ‘n studente dorp grootword waar sommige restaurante 24 uur per dag oop is…)


Ons het toe maar vir Google geraadpleeg en die enigste plek wat ons kon opspoor was ‘n gastehuis met ‘n restaurant. (As jy dalk weet van lekker ontbyt plekke vroeg op ‘n Sondag oggend in Kimberley, laat weet my asb., vir volgende keer?)


Die oorspronklike huis waarin die restaurant was, is seker ‘n paar honderd jaar oud. Dit het gelyk of dit onlangs oorgedoen is en die ou hout vloere wat na die badkamers gelei het, het die karakter van ‘n tyd baie lank gelede, verklap. Die ontvangsdame het ons deur geneem na die ontbyt area toe en ons het huiwerig gaan sit by die koue glas-blad tafels. Die dubbel volume kamer was netjies gedek. Alles baie formeel en ons het ‘n bietjie uit plek gevoel, maar ons gemaklike-ry-klere was nie die rede waarom ons besluit het om op die ou end verder te soek na iets om te eet nie. Nee, die ontbyt vertrek was YSKOUD. Al was daar matte in die eetlokaal en ‘n reusagtige lugversorger (wat af was) het ons nie kans gesien vir bibber terwyl ons eet nie.


Die vreemdste van alles was, dat daar teen die een muur 8 reuse televisie stelle gemonteer was, wat almal ‘n kaggelvuur en vlamme opgehad het wat brand. Kompleet met hout wat knetter en die klanke van ‘n regte vuur. Asof dit die vertrek moes warmer laat voel het? Dit het gelyk soos ‘n vuur en geklink soos een, maar die vlamme was (eintlik) morsdood. Heeltemal nutteloos, behalwe as jy (nog steeds yskoud) daarna wou kyk of luister?


Wat ek ook nie kon verstaan nie, was die feit dat die lugversorger af was. Ek vermoed dat dit beurt krag was toe ons daar aangekom het en ek is nou nie ‘n kundige as dit kom by elektrisiteit en hoeveel watter toestel gebruik nie, maar ek sou dink dat, wat ook al die 8 TVs aan die gang gehou het, baie beter ingespan sou kon word om die lugversorger aan te sit?

Ons het maar weer in die motor gespring en op die ou end die naaste Woollies gesoek en sommer ‘n bietjie ekstra padkos gaan koop. Tevrede in die warm motor het ons die lang pad wat nog voorgelê het, aangedurf.


Maar hierdie vals vuur het my by gebly en het my net weer laat besef hoe ek geflous kan word deur dinge in my lewe wat lyk soos die ware Jakob en klink soos die ware Jakob, maar ‘n vals weergawe is? Iets waarin daar geen lewe is nie? Nutteloos? Veral na die bederf van hardekool vure wat elke aand hoog gebrand het en genoeg kole gemaak het om die volgende oggend nog ontbyt mee te maak! Daardie bekende reuk van braaivleis en die rook wat in jou hare en klere gaan sit en die hitte van die vuur wat ons almal lekker warm gehou het in ‘n gesellige kring.


Ja, gee vir my die regte Vuur. Ek wil nie net daarna kyk nie. Ek wil Sy hitte voel. Sy warmte wat hier in my hart brand en ook die vuur in ander se harte kan aansteek. Die ware Jakob, wat vlam kan vat. Daardie vuur wat in vreemde vlamme sy verskyning gemaak het in die bo-kamer waar die dissipels bymekaar was, en deur die eeue heen nog steeds brand.

‘n Lig op my pad en ‘n lamp vir my voet. 'n Allesverterende-Liefdes-vuur.


Vuur en Vlam.


Sela.




115 views0 comments

Recent Posts

See All

Speel-Speel

コメント


Subscribe Form

Thanks for submitting!

0729977023

©2021 by Beloved ♥ Geliefd. Proudly created with Wix.com

bottom of page