Matthew 7:7-8 TPT
Ask, and the gift is yours. Seek, and you’ll discover. Knock, and the door will be opened for you. 8 For every persistent one will get what he asks for. Every persistent seeker will discover what he longs for. And everyone who knocks persistently will one day find an open door.
Februarie is ‘n maand vol verrassings. Dis die maand van liefde en my verjaarsdag en ek is mal daaroor (Wel, sekere verrassings...)
Soos die weer wat geen mens op die oomblik reg kan voorspel nie. (Die afwisseling is heerlik opwindend); of die onverwagse kuiertjie van ons vriende wat vêr bly; of sommer net ‘n boodskappie van iemand of ‘n geselsie in die winkel. Iets wat nie beplan is nie, maar op die ou end heerlik is.
Ek dink ek geniet hierdie tipe verrassings so baie, omdat ek gewoonlik geen verwagting of agenda gehad het nie. Dinge kan maar gebeur soos dit gebeur omdat ek geen idee gehad het, dat dit deel sou wees van vandag nie.
As ek nou moet terug dink, is dit ook die rede waarom ek sekere films of boeke in die verlede verskriklik geniet het. Ek het nie geweet wat in die storie gaan gebeur nie, dus ook geen vooropgestelde idees of opinies gehad nie. Ek was aangenaam verras.
En dan is daar verwagtings en 'n ander tipe verrassing - die bron van baie teleurstellings.
"Hoe dit moet wees of gaan wees." Die storie wat al vir weke in my kop afspeel en dan heeltemal anders in die werklikheid lyk: Nie soos ek gedink het nie en glad nie soos ek dit wou gehad het nie. Vooropgestelde idees.
Ek onthou hoe ons dogtertjie op vier haar kamer heeltemal wou oor doen. Ek kon in haar opgewonde ogies sien dat sy die vertrek (en sy transformasie) in haar gedagtes fyn gevisualiseer het, maar ongelukkig kon ek nie dieselfde prentjie sien nie. Sy het vir my probeer vertel wat sy sien en toe ek sukkel om die regte antwoorde te gee, was sy hoogs gefrustreerd. Hoekom kan ek nie net sien wat sy sien nie! Sy sien dit dan?
Ek moes mooi vir haar verduidelik dat ek nie in haar gedagte wêreld kan inklim nie. Al gereedskap wat ek het om die prentjie mee te verf, is haar woorde en vir baie van die beelde in haar koppie kon sy nie die regte woorde kry nie. Sy het toe maar moed opgegee om verder te probeer skets aan die prentjie en ek wonder nou nog hoe dit moes gelyk het in haar gedagtes. Ons al twee was teleurgesteld.
Dit was ‘n duur les vir my om te leer, wat ek soms vergeet: Woorde is so belangrik.
Baie keer het ek ‘n verwagting van iets of iemand (partykeer selfs onbewustelik) of ‘n vooropgestelde idee of visie van hoe iets gaan uitspeel. Ek sien dit so duidelik. Dalk selfs net ‘n behoefte, soos byvoorbeeld: “Ek is so moeg! Môre is gelukkig Saterdag, dan gaan ek vir ‘n slaggie laat slaap en my boek klaar lees en dan lekker ontbyt eet en...en...en“ Die hele oggend of naweek soos ‘n storie uitgewerk in my gedagtes.
En dan wanneer die naweek kom en die Tuinman vroeg die klokkie lui en my laat-slaap-planne daarmee heen is en ek skielik moet rondry met die kinders of iets anders moet doen as wat ek verwag het, is ek sommer kwaad vir die klokkie en die kids en die honde en enige iets anders wat nie my boek en my bed is nie.
Ek het nie gevra vir dit wat ek nodig gehad het nie. Niemand het die teks gekry vir die rolle wat hulle in my storie moes speel nie...en tog verwag ek van hulle om te weet wat hulle moes doen. Ek is teleurgesteld en omgekrap. Ek het nie die prentjie met my woorde geverf nie. En my verwagtinge het verander in teleurstellings...
Dis onregverdig teenoor die niksvermoedende toneelspelers, ek weet en dit is iets wat ek moes leer: Om te vra vir dit wat ek nodig het. Om ‘n stem aan my behoeftes te gee en waarde daaraan te heg – juis sodat ek my beste kan gee vir almal om my. Soos hierdie gedeelte in Spreuke 13:12 wat sê ” 12 Hope deferred makes the heart sick, But when desire is fulfilled, it is a tree of life.”
Behoeftes wat aangespreek is, bring nuwe lewe. As jy 'n versorger of voorsiener of wie ook al is, is dit OK om ook na jouself om te sien. Dit is eintlik lewens belangrik!
So, mag ek al hoe meer in voeling wees met dit wat ek nodig het om te doen wat ek moet doen. Mag ek my behoeftes in woorde omsit en die prentjie duidelik genoeg verf (en aanhou verf) sodat ek nie verskuilde verwagtings koester en dan kwaad is omdat hulle nooit die verhoog in my kop verlaat het om uit te speel in die werklikheid nie.
Mag ek vra, want vra is vry...
Soos ek.
Amen
Comments