top of page
Search

Siel en Gees en Waarheid


Psalm 86:11 (TPT)

Teach me more about you, how you work and how you move, so that I can walk onward in your truth until everything within me brings honor to your name.


So, hier is ons nou weer in die winter. Sneeu lê op die berge en daar is ‘n ysigheid in die lug wat die punt van my neus laat lyk soos 'n wafferse Rudolph van die Noord Pool...


Die lig en die lug lyk en voel net anders. Vars, koud en helder. En die wolke! Wanneer die son deurbreek en die lig in sagte pastelle laat middag teen die ys-wit-blou skyn, is daar min dinge wat so mooi is vir my. Ek hou nie van koud kry nie – en het al reeds twee maande gelede my wintersklere uitgehaal om hulle om te ruil met die somersklere in my kas, maar nog nie sover gekom om dit te doen nie. Die houers waarin ek die wintersklere weggebêre het, staan in ons slaapkamer en elke oggend moet ek eers al die jasse en baadjies uitlaai, soek en grawe vir ‘n trui of iets anders om aan te trek en dan weer alles terug pak. My verskoning? Ons gaan dalk nog die somersklere nodig kry...veral wanneer ons op vakansie gaan na die Bosveld toe, maar ek weet ek flous eintlik net myself. Die dae kan warm wees daar  ja,  maar die aande is nog kouer as hier in die Kaap. So, ek sal maar die rokkies en enkel laag klere moet vaarwel roep, totdat ek hulle weer kan uithaal (in November?) en die winter met sy lae op lae weer wegbêre.


Die feit dat ek nie wil erken dat dit winter is nie, het my laat dink aan ‘n ding wat die sielkundige M. Scott Peck, gesê het: "Mental health is a commitment to reality at all costs". Ek kan aanhou om vir myself te vertel dat die wintersklere nog nie in my kas hoort nie, maar dit verander nie die realiteit nie. Ek sal dit moet aanvaar, veral as ek myself (en my huishulp) die moeite wil spaar om elke dag in ‘n kamer vol deurmekaar kratte te moet leef en skoonmaak.  


Koue klere en die winter is nou wel een ding, maar ek wonder sommer ook oor groter kwessies? Is ek dalk besig om myself te flous met dinge wat ek nie wil aanvaar nie? Soos die realiteit van ‘n wêreld wat so vinnig verander, dat dit moeilik is om tred te hou met alles en op hoogte te bly van dit wat aangaan? Of die feit dat ek baie keer moes leer uit my eie foute en dat ek my kinders moet toelaat om dit ook te doen? (Al wil ek hulle ten alle koste beskerm en keer dat hulle seerkry...)


Dit is nie maklik om in voeling te bly met die waarheid nie. Dit kos gewoonlik iets. Dit beteken ek moet my idee van hoe dinge veronderstel is om te wees (volgens my) baie keer prysgee. Of net myself toelaat om al die emosies te voel wat die realiteit by my laat opvlam. Dit beteken ek is bereid om kwesbaar te wees en eerlik oor wie ek is, my vrese en selfs die drome wat ek in my hart bêre waarvan niemand weet nie, maar my verwagtinge van hierdie lewe elke dag beïnvloed.


Die sielkundige Dan Siegel het weer gesê: “ if you can name it, you can tame it” en dit laat my dink daaraan dat ons ons (vals) gedagtes “gevange” kan neem.


2 Corinthians 10:3-5 (The Passion Translation) sê: 3-4For although we live in the natural realm, we don’t wage a military campaign employing human weapons, using manipulation to achieve our aims. Instead, our spiritual weapons are energized with divine power to effectively dismantle the defenses behind which people hide.  5We can demolish every deceptive fantasy that opposes God and break through every arrogant attitude that is raised up in defiance of the true knowledge of God. We capture, like prisoners of war, every thought and insist that it bow in obedience to the Anointed One.


Wie is hierdie “Anointed One” waarvan Paulus hierbo praat? Hy is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Hy gee Sy Gees aan ons – die Gees van waarheid. In Johannes 16:13 staan daar: “But when the truth-giving Spirit comes, he will unveil the reality of every truth within you. He won’t speak on his own, but only what he hears from the Father, and he will reveal prophetically to you what is to come.”


Sielkunde kan help,  en om selfkennis op te doen, is van onskatbare waarde. Daarvan kan ek eerstehands getuig, maar (en) dankie tog – ek hoef dit nie alleen te doen nie. Ek kan die Gees van Waarheid uitnooi om dit wat vals is in my, en in my gedagtes uit te lig , sodat ek met toewyding aan die werklikheid kan commit. Al kos dit alles. Die waarheid maak vry en dit is hier waar ek wil leef. In my dik-laag-klere-winter en my vuurwarm somer. Hier en nou. In die oomblik en in Hom wat die Waarheid is.


Sela.


 
 
 

Recent Posts

See All

3 Comments


Mari-Louise
6 days ago

So mooi Wel-Marie. Ek het nodig gehad om dit te hoor vandag.

Like

Guest
6 days ago

Altyd lekker om te lees. ❤️

Like

Guest
6 days ago

Dankie vir die wonderlkke Gees van God wat deur ons kom asemhaal en God se liefde vir ons ook 'n werklikheid kom maak het om te deel met ander

Like

Subscribe Form

Thanks for submitting!

0729977023

©2021 by Beloved ♥ Geliefd. Proudly created with Wix.com

bottom of page