top of page
Search

Ten minste

Romans 3:21-24 (TPT)

For there is really no difference between us, 23 for we all have sinned and are in need of the glory of God. 24 Yet through his powerful declaration of acquittal, God freely gives away his righteousness. His gift[q] of love and favor now cascades over us, all because Jesus, the Anointed One, has liberated us from the guilt, punishment, and power of sin!


Ten minste…

Ek weet hierdie sinnetjie het my al baie maal in die verlede gehelp om perspektief te kry in ‘n situasie, soos wanneer ek frustreerd is met iets wat breek in my huis en ek dan myself kan herinner dat ek TEN MINSTE ‘n huis hét, maar dit is gevaarlik.


Een tema wat hierdie week die hele tyd by my opkom, is hoe ek myself kan vergelyk met ander mense of dinge of situasies en dit dan as iets ‘positief’ kan verdraai in my gedagtes. Soos byvoorbeeld: ”Ja, ag ek vloek so nou en dan, maar ten minste is ek nie rassisties nie…” of “ ek werk nie goed met my geld nie, maar ten minste steel ek nie” of “Ek sukkel om te erken ek is verkeerd, maar ten minste veroordeel ek nie ander mense nie…”


Ten minste…


Wat ‘n leuen. Asof ek myself wil oortuig dat ek eintlik nie te bad is nie. Ek is ‘n goeie mens…want ten minste… dit of dat. En ten minste is ek nie Sus of So nie…


Nee. Nee. Nee! Daar is nie so iets soos groot Sonde en klein sondetjies nie. Nie ek, of enige iemand anders onder die Son, het nie foute nie. Ek mag dalk myne kleiner laat krimp in my gedagtes wanneer ek dit kamtig vergelyk met iemand anders s’n, (wat ek opblaas), maar dit bly my foute. My sonde, tekortkominge, flaws en blinddekolle wat ék het. Bewustelik of onbewustelik. Ek is (en bly) ‘n “work in progress”… net soos almal om my het ek die Here se Genade nodig…of ek nou ‘n Pliggie is of ‘n Moordenaar… Die standaard van sonder sonde wees is net onmoontlik. Vir ons almal.


So: “ten minste…”


Ek wil nie meer daardie woorde gebruik om myself te troos nie. Ek wil eerder net stop by dit wat my tekortkoming is, verantwoordelikheid neem daarvoor en toelaat dat die Heilge Gees my bewus maak daarvan, sodat ons saam daaraan kan werk. Sonder om die splinter in jou oog raak te sien en sonder om my balk mis te kyk.


Ek wil onthou dat daar baie is waarvoor ek dankbaar kan wees. Dinge waaroor ek kla, maar iemand anders dalk voor bid: Wanneer enige van my aardse besittings of voorregte of verhoudings of onverdiende guns my begin irriteer/ breek / geld kos of terleurstel, wil ek onthou dat ek (ten minste) dit hét…en bewus raak van die oorvloed wat daar in my lewe is. Meer as genoeg.


Sonder vergelyk of weeg of opmeet.


Jesus het gekom sodat ons die Lewe kan hê - en dit in oorvloed. So mag Hy die balk uit my oog haal sodat ek kan sien hoeveel Genade ék nodig het en deur daardie bril na die lewe en mense om my kyk.


Ten MEESTE -Wanneer EK die minste is.


Amen.




90 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page