Om jouself te STAAL
“But David strengthened himself in the Lord his God.” 1 Samuel 30:6
Wanneer ‘n mens bou, word die struktuur versterk met staal. In die fondasies, maar ook in die mure, balke en selfs in die dak. Die grootte, dikte, lengte en sterkte van die staal word voorgeskryf deur die strukturele ingenieur. Hy is die spesialis wat weet wat die beste gaan werk, deur ondervinding, kennis, opleiding en navorsing wat deur die jare oorgedra is deur ander ingenieurs (wat ook opgelei is). Daar is ‘n sterk vertroue in die wetenskap van ingenieurswese en die toepassing daarvan omdat dit die tyd-toets deurstaan het.
Ek, as bouer, moet ook vertrou dat dit wat voorgeskryf is, voldoende gaan wees om die gebou, vir die res van sy leeftyd, staande te hou. Ek moet die ingenieur vertrou om die gebou te “staal” vir dit wat voorlê.
In die Bybel is Dawid so ‘n goeie voorbeeld daarvan om jouself te “staal”. Nadat hy met sy troepe ‘n veldslag wen, kom hulle terug by hulle kamp aan en sien net absolute, totale verwoesting. Al die vrouens en kinders is, soos diere, gevangene geneem en na die vyand se kamp gejaag. Dawid se kamp is tot die grond toe afgebrand. Die groot, sterk soldate breek. Hulle huil bitterlik en word heeltemal oorweldig deur hulle hartseer en die hopeloosheid rondom hulle. Hulle beplan selfs om vir Dawid te stenig in die stilligheid…maar Dawid “staal” homself. Ten midde van sy eie hartseer, besluit hy om die Here te raadpleeg. Die Message vertaling sê: " 1 Samuel 30: 6-7 but David strengthened himself with trust in his God."
In Dawid se lewe leer Hy om volkome op sy God te vertrou. Van jongs af leer hy God se karakter ken, deur sy persoonlike ervaring van Hom. Wanneer die res van sy manskappe alle hoop verloor, weet hy waar sy innerlike krag (staal) vandaankom. Hy kén sy God.
Die waarskynlikheid dat mense ons in ons leeftyd gaan terleurstel, is eintlik gewaarborg. Hulle is net mens. En ek en jy ook. Ons kan mekaar bemoedig en opbou en ondersteun. Ons kan groei in ons karakter en leer uit ons foute, maar om onsself te staal moet ons ons krag by die enigste Betroubare Bron kry. Ons God.
♥ Hy is die God wat altyd dieselfde bly.
(Psalm 90:1 Before the mountains were born or you brought forth the earth and the world, from everlasting to everlasting you are God.)
♥ Wat jou nooit sal verlaat nie.
(Deuteronomy 31:6 Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the Lord your God goes with you; he will never leave you nor forsake you.”
♥ Hy is nie ‘n (onbetroubare) mens nie.
(Numbers 23:19 God is not like people. He tells no lies. He is not like humans. He doesn't change his mind. When he says something, he does it. When he makes a promise, he keeps it.)
(Psalm 146:3 Do not trust in princes, In mortal man, in whom there is no salvation (help).4When his spirit leaves him, he returns to the earth; In that very day, his thoughts and plans perish. 5How blessed and graciously favored is he whose help is the God of Jacob (Israel), Whose hope is in the LORD his God,6Who made heaven and earth, The sea, and all that is in them, Who keeps truth and is faithful forever)
Deur die eeue heen is Hy die lewende God. Jou God wat in Jesus Christus Sy Getrouheid bewys het. Vertrou op Hom.
Staal jouself.
Comments