Son- Blomme
Malachi 4:2
But for you who fear My name [with awe-filled reverence], the sun of righteousness will rise with healing in its wings. And you will go forward and leap [joyfully] like calves [released] from the stall.
Sonneblomme is my gunsteling blomme! Buiten vir die feit dat hulle reusagtig groot kan word en op so ‘n eenvoudige manier mooi en vol vreugde is, is daar ‘n paar lesse wat ek by hulle geleer het.
Les 1: Sonneblomme bly altyd kyk na die Son. Hulle hou hulle gesigte gedraai na die Lig en volg die lig deur die hele dag.
Les 2: Wanneer hulle koppe hang in die donker, maak hulle iets mooi van dit wat hulle deur die dag in die Lig geabsorbeer het.
Les 3: Sonneblomme is eintlik saamgestel uit duisende klein sonneblommetjies. No man is an Island.
Les 4: Eers wanneer die sade vorm, en die mooi kroonblare verdwyn en daar eintlik niks van die mooi blom oorbly nie, kan die sade ge-oes word en olie daarvan gemaak word.
Les 5: Die olie kan net onder druk uit die sade gehaal word.
(My grootste getuienis van die Here se nabyheid is elke keer in die donkerste “pars” tyd van my lewe en dit dra die grootste salwing. (olie))
Vandag wens ek ek is ‘n Somer Sonneblom. Op die oomblik is dit regtig WINTER. My vingers is gevries. My somer koppie hang. Ek wil eerder hiberneer. Van die koue ja, maar ook weg van die donker wat ons elke dag moet konfronteer: Nog mense dood aan Covid, nog slegte nuus, nog goed om by aan te pas, nog terleurstellings van dinge wat nie gaan gebeur nie… nag.
Maar.
Mag ek – terwyl my koppie hang in hierdie donker – iets mooi maak van dit wat ek deur die dag in die Lig geabsorbeer het. Mag ek voedingswaarde in my saadjies instoot en Sonlig gaan absorbeer met my gesig gedraai na die Een wat die son gemaak het en hande vat met die duisende sonneblommetjies hier om my, wat dieselfde stryd stry.
(Ek deel ‘n gedig wat ek lank terug hieroor geskryf het en vandag weer nodig het om te hoor. Mag dit vir jou ook iets beteken.)
Ek hardloop altyd verder weg my voetstappe eggo die ritme die ritme op die pad my hart klop my ore toe Ek wil nie omkyk of omdraai nie want agter my lê die growwe pad deurgetrap ek wil wegkom wegloop weg Die horison wink ver vir my ek wil dààr kom arriveer my skaduwee inhaal wat voor my uitstrek ek wil die donker kleiner trek en dan kom iemand langs my staan geen haas geen weg net omgedraai in stilte kyk sy nà die Son en haar skaduwee lê agter haar
Sela.
EK koop ook altyd sonneblomme om my op te vrolik en voel sommer dan baie beter - ek weet nóú hoekom - jou "storie" is besonders ...
Baie sielvol, vertroostend en inspirerend. Dankie.