top of page
Search

Proses en Produk

James 1:2-4

2 Consider it nothing but joy, my [a]brothers and sisters, whenever you fall into various trials. 3 Be assured that the testing of your faith [through experience] produces endurance [leading to spiritual maturity, and inner peace]. 4 And let endurance have its perfect result and do a thorough work, so that you may be perfect and completely developed [in your faith], lacking in nothing. Amplified Bible


Die ou gesegde dat alle goeie dinge tyd neem, bly maar waar. (Al is dit nie wat ek wil hoor nie) Die proses is net so belangrik soos die eindproduk. Soos die cliché van die skoenlapper wat moet sukkel om uit die papie te wriemel - maak die Proses ons vlerke sterker vir die reis.


Die geheim is om die proses te om-arm. Ofte wel te “embrace” voor jy die eindproduk kan sien. Ek wens dit was anders. Ek het al soveel keer begin met ‘n nuwe stokperdjie omdat die eindproduk so ongelooflik lyk wanneer ander mense dit doen, net om terleurgesteld weer op te hou en te voel dat ek nooit dáár gaan uitkom nie.


Ek vergeet dat die proses tyd neem. Miskien‘n honderd probeer slae. En miskien selfs ‘n honderd mislukkings.


‘n Goeie voorbeeld van so ‘n stokperdjie, wat ek aan en af probeer, is olieverf. Dit bly my onderkry. Ek het nog nooit formele kunsklasse of opleiding gehad nie, so ek het maar by my vriendinne geleer en dit self probeer uitpluis soos ek aangaan.


Aan die begin van die jaar het ek weer probeer. Kwaste gewas, verf uitgepak, reg om te begin, toe ek net weer besef dat ek die proses wil systap. Ek wil onmiddelik ‘n meesterstuk skep. Gelukkig het ek hierdie keer rem getrap. Eintlik in my mou gelag vir my eie Common Sense wat toe nie so Common is nie en by die begin, begin.


YouTube het ‘n magdom videos wat die basiese beginsels van olieverf verduidelik; Watter slaggate om te vermy, produkte om te gebruik en hoe om net te begin: By stap een. (Wat nie ‘n Rembrandt is nie, maar miskien net ‘n kleur en meng tegniek…)


Ek het die videos ingeryg. Deur die neerhalende Meesters en irriterende stemme gefilter, todat ek by ‘n vriendelike Fransman opgeëindig het, wat self erken dat hy nogsteeds aan die leer is. Ek het tuis gevoel in sy studio en hy wou help, omdat hy self gesukkel het.


Die deurbraak (wat gemaak het dat ek weer kans sien vir olie verf) was in die een video, waar die instrukteur gedeel het dat hy 90% van sy eie werk nie op sy YouTube kanaal deel nie. Dit is die werke waarop hy oefen… 90%! Dit het my moed gegee! As ek tien skilderye moet verf om gelukkig met net een te wees, klink dit vir my doenbaar. Elke probeerslag hoef nie ‘n meesterstuk te wees nie.

So, ek het vir my ‘n A4 canvas papierblok gekoop met 20 bladsye in. Goedkoop genoeg om nege probeerslae weg te gooi as dit moet. Genoeg om mee te speel en te leer, sonder om skuldig te voel of te hard op myself te wees om te “produseer”… en dit alles omdat iemand my laat voel het ek is nie alleen in my wroeging nie. Dat die proses moeilik is, tyd vat en dat dit OK is. Belangriker as die eindproduk is om op te daag en te probeer.


Die Fransman het my laat dink aan Jesus…


Dankie tog ons dien ‘n God wat self ook ‘n mens was. Wat weet waarmee ons worstel. Wat self angs en hartseer en geluk ervaar het. Wat hier was en verstaan en weet wat dit kos om die Proses deur te maak en WIL help, omdat dit ook nie vir Hom maklik was nie.


Vandag om-arm ek die Ewige Proses van ‘word’… en sukkel… en beter word en loswriemel en vlieg… en val… en weer opstaan en terug gaan en tree vir tree leer.

Geen mislukking is niks werd nie – ek leer elke keer iets, sodat ek volgende keer, wanneer ek weer probeer, van beter weet.

Ek moet net wéér probeer.


Sela


98 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page