Romans 6:8 And if we were co-crucified with the Anointed One, we know that we will also share in the fullness of his life. 9 And we know that since the Anointed One has been raised from the dead to die no more, His resurrection life has vanquished death and its power over Him is finished. 10 For by His sacrifice he died to sin’s power once and for all, but He now lives continuously for the Father’s pleasure. 11So let it be the same way with you! Since you are now joined with Him, you must continually view yourselves as dead and unresponsive to sin’s appeal while living daily for God’s pleasure in union with Jesus, the Anointed One.
Op enige gegewe dag dra ek ‘n hele paar hoede. Een "kas" waarin daar ‘n versameling hoede gebêre word is my kreatiewe kas. In hierdie kas is daar die Handwerk hoed, Houtskool hoed, die Potlood een, Waterverf, Hars, Digitale een en een wat net nie wil pas nie, maar baie mooi vir my lyk en ek elke nou en dan probeer aanpas – die Olieverf hoed.
Daar is ook die kas waarin my skryf-hoede is. Een vir Gedigte, my Blog, Stories ens. Daar is die mense kas, waarin ek ‘n Mamma en Vrou-hoed het; ook ‘n Sussie, ‘n Dogter en ‘n Vriendin hoed.
En dan is daar die kas met die meeste stof en spinnerakke in – die administratiewe kas. My hoedjies hier voel vaal en oninteressant, soos die Persoonlike Belasting hoed, E-posse antwoord en Fakture uitstuur hoed – hulle is krapperig, styf en ongemaklik. So, hulle word vermy of baie vinnig afgehaal wanneer hulle nie meer nodig is nie.
Die hoed wat ek opsit word natuurlik bepaal deur die situasie waarin ek myself bevind. Met die opkomende Kamers/Makers uitstalling, moet ek in my kreatiewe kas gaan grawe vir die hoed wat ek wil dra en daarmee kreatief en produktief raak… terwyl ek so nou en dan in die stof kas my administrasie hoedjies moet uithaal en dan ook nog Digitaal moet skep, met die Mense-hoed wat nie agter in die kas vergete kan lê nie. (Die mense in my lewe sal hom gou-gou daar gaan uithaal as ek hom te lank laas gedra het...)
Meeste dae verg dit nogal kophou met al die hoede wat ek omruil. Ek kan hulle seker ook gelyk dra, maar dit werk gewoonlik nie so lekker nie. Een op ‘n slag bring elkeen tot sy reg.
Só is ek in die week uit my kreatiewe kas besig om onder my Houtskool hoed te teken. Diep gefokus op die volgende lyn en proporsie, dwaal my gedagtes af en dit wat ek sien op my verwysing is nie wat ek teken nie. My tekening en proses is vir my soos ‘n padkaart of legkaart wat ek stukkie vir stukkie aanmekaar sit. Ek vee uit, maar per ongeluk té veel om weer die plek te kry waar ek was. Ure se werk is in ‘n oogwink net weg! Vir ‘n split sekonde soek ek na die “undo” knoppie. Daardie een wat alles weer herstel soos wat dit was voor ek die fout gemaak het. (Die een program waarin ek 3D ontwerpe doen, het ‘n onbeperkte aantal “undo” kere...)
Ek lag sommer hardop vir myself! Ek is so gewoond daaraan om dit wat ek digitaal maak, of skryf, onmiddellik te kan “undo” wanneer ek ‘n fout maak. Onmiddellike verligting, aanskuif en geen sprake van die fout wat ek gemaak het nie.
Hierdie keer gaan nie so maklik wees nie...dit gaan baie tyd vat.
Terwyl ek met my houtskool potlood in my hand sit en WENS dat ek nou eerder besig was om digitaal te teken, laat sak ek my hande hulpeloos in my skoot. Gedane sake is gedaan. Ek sal my plek moet terug kry. Weer probeer? Of oor begin?
Uit pure frustrasie besluit ek sommer om eers net ‘n breek te vat en my aanlyn oefen klas te doen. Moeg en moedeloos na die oefening en in die omhelsing van ‘n warm stort, besef ek dat die UNDO knoppie, waarna ek so na verlang - presies is wat Jesus vir ons kom doen het!
Hy het al my foute eenmalig en vir altyd kom uitwis aan die Kruis. Die foute wat ek gemaak het en verseker nog ook gaan maak, is vir ewig deur Sy bloed-uitveër “undone”. Dit is ongelooflik en so bevrydend! Genade onbeskryflik groot beteken onbeperkte undo’s.
Mag dit my inspireer om die skoon bladsy wat Hy voor my neersit elke dag te vul met dit wat Sy Naam groot maak! En mag ek onthou dat ek altyd weer voor kan begin, soos ek besluit het, ek met my skets gaan doen.
Ek sien sommer hoe Hy die verskuilde tiara, waarvan ek vergeet het, onder (wat ook al) hoed kom regskuif en my weer herinner – “Hierdie een hoef jy nooit af te haal nie. Ek het jou by jou naam geroep, jy is myne. My geliefde, vir-altyd-vlekkelose bruid.”
Sela.
Comments