13Listen, those of you who are boasting, “Today or tomorrow we’ll go to another city and spend some time and go into business and make heaps of profit!” 14But you don’t have a clue what tomorrow may bring. For your fleeting life is but a warm breath of air that is visible in the cold only for a moment and then vanishes! 15Instead you should say, “Our tomorrows are in the Lord’s hands and if he is willing we will live life to its fullest and do this or that.”
Donderdag middag, na nog ‘n besige week, besluit ek en Mia (my dogter) om ‘n bietjie kwaliteit tyd saam deur te bring - voor die skool weer begin. Ons gaan verf ons tone en eet lekker middag ete by een van haar gunsteling plekke, wat onlangs weer in die dorp oopgemaak het.
Dis heerlik. Ons gesels oor Pinterest en mooi plekke, inklusiwiteit en diep dinge. Ons maak ons tenkies vol.
Op pad huis toe, speel Mia vir ons musiek. Ons ry nie baie vinnig nie, die pad na ons huis toe is oorgedoen en die lyne is nog nie weer geverf nie. Die vrou voor my wil afdraai, ek ry stadiger en toe ek amper tot stilstand kom hoor ons ‘n oorverdowende harde slag. Ons lywe ruk onwillekeurig vorentoe. My brein registreer eers nie wat gebeur het nie - en dan besef ek: Iemand het agter in ons vasgery!
Ek trek af en klim uit. Vra vir Mia of sy OK is. Trane loop onwillekeurig oor haar wange. Haar oë soos pierings. My hande bewe, my nek en skouer voel ‘n bietjie seer en ek inspekteer dadelik die motor vir skade.
Die ander motor het ook gestop. Langs my staan ‘n jong man (ek skat vroeë twintigs) en hy vra om verskoning. ‘n Paar keer. Sy hande bewe ook. Hy het nie gesien die vrou voor my wil afdraai nie. Dit lyk of die trane vlak sit. Hy hou aan sê dat hy in soveel moeilikheid gaan wees…
Ons ruil inligting uit en spreek af om mekaar by die polisie stasie te ontmoet, (nadat ek vir Mia by die huis afgelaai het)
Oppad huistoe is Mia doodstil. Ek laai haar af en ry stasie toe.
By die polisie stasie staan ek en die jong man en wag in ‘n lang ry. Ek probeer die gesprek lig hou en vra ‘n bietjie uit. (Ek kan sien hy is ook nog in skok) Hy studeer, is nou in sy derde jaar. Hy was op pad huis toe. Sy broer verjaar en hulle sou Kaapstad toe gaan. Nou weet hy nie of dit nog gaan gebeur nie? Hy moet eers vir sy ouers die skade gaan rapporteer.
Terwyl ons gesels, dink ek aan hoe onvoorspelbaar die lewe kan wees. My planne vir die dag is heeltemal omvêr gewerp. Mia sin ook. Ons is eers tot halt geroep – en waarskynlik is elke persoon wat saam met ons in die ry staan, ook…
Vrydag oggend sit ek met my dagboek in my hand, gereed om my “Doen lysie” op te stel. My lyf is styf, maar ek gaan OK wees. Mia ook. Dit kon baie erger gewees het! (Dankie Jesus). Ek skryf al die dinge neer wat moet gebeur, maar in die stilligheid dra ek dit op aan Hom: "Here net U weet wat hierdie dag vir my inhou. Ek is hier. Gebruik my. Overwrite my lysie met dit wat U wil doen - en maak my gereed vir dit wat op my wag. Maak my sensitief vir U stem in elke oomblik. Dis al. Amen."
Comments