top of page
Search

Om jou woorde te sluk...

Proverbs 18:21 (Amp)

21Death and life are in the power of the tongue, And those who love it and indulge it will eat its fruit and bear the consequences of their words.


Ek dink woorde kan in gramme gemeet word. Sekere woorde kan so swaar wees dat ek dit skaars kan vashou. Ander woorde kan weer voel soos asem. Gewigloos. Lewendgewend. Lig. Een woord kan ‘n ton weeg en ‘n hele sin weer amper niks.


Woorde het ook ‘n ander kwaliteit: dit kan skerp wees, sag of grof. Asof ek hul teksture kan voel wanneer hulle my ore binnedring.


Dit kan die hele atmosfeer verander in ‘n vertrek, perspektief gee, maar ook afbreek, seermaak en verneder. Die regte woorde is gevaarlik effektief.


Ek hou van woorde, maar ek vergeet soms die krag daarvan. Soos atoombomme wat baie versigtig hanteer moet word; Twee ore, een mond. Ek ken die gesegde, maar pas dit ongelukkig nie altyd toe nie...


Ek sien in die week hoe die borrelde woorde uit my mond groei soos ‘n kougom- bubble wat enige oomblik gereed is om te bars. Ek hou aan kou en blaas – niksvermoedend - en sien toe hoe dit op die ou end bars… maar nie net in my gesig nie. Nee. In die ander person s’n. My woorde wat volgens my, skadeloos uit my mond uit gegaan het, word taai kougom wat in my aanhoorder se hare vassit.


Ek wens ek kon my woorde terugtrek. Ek probeer die kougom uithaal, maar maak net alles erger. Ons sukkel om dit los te kry. Dit is ongemaklik en seer. Die kougom waaraan ek so lekker gekou het, het sy smaak verloor - ek wens ek kon dit insluk of beter nog – dat die aarde my sal insluk!


Maar dit was te laat en ongelukkig is dit die realiteit daarvan: Woorde wat gesê is, is daar buite. Ek kan om verskoning vra en probeer om op te maak daarvoor, maar die belangrikste is dat ek verantwoordelikheid neem vir die feit dat die ander person dalk ‘n stuk kougom uit hulle hare moet sny omdat ék onverskillig was met dit wat ek gesê het.


My woorde dra gewig.


Mag ek in die week wat kom, my woorde versigter afmeet. Mag hulle nie taai kougom word nie, maar eerder borrels vol vars asem, wat inspireer en aanmoedig en heelmaak. Lig en Lig.

Ek deel met jou ‘n aangrypende gedig van Julia Cameron oor genesende woorde. My wens vir ons elkeen wat al deur woorde gewond is.


Words For It

By Julia Cameron


I wish I could take language

and fold it like cool, moist rags.

I would lay words on your forehead.

I would wrap words on your wrists.

"There, there," my words would say–

or something better.

I would ask them to murmur,

"Hush" and "Shh, shhh, it's all right."

I would ask them to hold you all night.

I wish I could take language

and daub and soothe and cool

where fever blisters and burns,

where fever turns yourself against you.

I wish I could take language

and heal the words that were the wounds

you have no names for.


Mag ons vertroos word deur die Een wat die heelal met Sy woorde geskep het. By Hom is daar Genade vir ons elkeen en vergifnis. Ook vir onsself.


Amen.


*Kunswerk getiteld: "Occupied" deur my sussie Hanna Grobler. *


186 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page