top of page
Search

'n Kaleidoskoop

The Excellency of Brotherly Unity. A Song of [a]Ascents. Of David.

133 Behold, how good and how pleasant it is for brothers to dwell together in unity! 2 It is like the precious oil [of consecration] poured on the head, Coming down on the beard, Even the beard of Aaron, Coming down upon the edge of his [priestly] robes [consecrating the whole body]. 3 It is like the dew of [Mount] Hermon. Coming down on the hills of Zion; For there the Lord has commanded the blessing: life forevermore.


Hierdie week wat verby is, het ek net verstom gestaan oor dit wat kan gebeur wanneer mense besluit om die fokus van hulself te verskuif en saam te werk, met ‘n groter doel voor oë.


Na ‘n onvoorspelbare jaar van inperkings was ons nie seker of die Matriekafskeid van my oudste gaan realiseer nie. Die einde van ‘n 12-jaar- skool- loopbaan moes darem ordentlik gevier word? Planne is beraam, ouers het inisiatief geneem en klein privaat funsksies is met die grootste sorg gereël om die skoolbanke behoorlik te groet. (Tot só ‘n mate dat party kinders ‘n paar keer kon afskeid neem, as hulle sou wou)


‘n Rukkie nadat al dié funksies gereël is, word die imperkings toe ligter en die skool besluit dat hulle tog iets gaan hou. Binne twee weke word daar saam beplan en gewerkskaf en kom mense bymekaar om ‘n Matriekafskeid van formaat te bou! Die tema word tot en met die fynste detail uitgebeeld en die kinders word soos koninklikes hanteer. Bederf met heerlike kos en samesyn is almal se harte vol.


“Teamwork made the Dream work…” soos my 6 jarige klein-niggie sê.


Maar, dit strek verder: In hierdie week was ek ook betrokke by ‘n uitstalling wat deel vorm van die "Tuin Week" in Stellenbosch. Ons het op die laaste nippertjie vier venues gekry om dié uitstalling te hou. Die groot doel voor oë: Om die fokus hierdie week op ‘n vars manier op die Here te plaas en om ruimtes te skep waar binne mense Hom kon sien, ruik, voel en ervaar. Hy is immers die Skepper van alle dinge en die Tuinier van ons harte…


Die eerste dag van die installasie het al die werkers-bytjies aangemeld vir diens. Vroue (en mans) van Stellenbosch wat brûe wil bou tussen die verskillende dele van ons gemeenskap; wat weet dat die eindproduk oor iets groter gaan as net die Kuns en wat hulle beloning in Sy Teenwoordigheid vind.


Geen moeite was te veel nie. As daar ‘n struikelblok opgeduik het, was daar iemand wat bereid was om ‘n oplossing te soek of saam te bring. Vloere en vensters is gewas. Daar is gekap en geboor en -op en af teen lere geklouter. Spasies is ge-herorganiseer en instellings het hulle harte en hande oopgemaak vir dit wat nodig was, om die visie te laat realiseer.


Elkeen, bemoeid met sy of haar eie taak, het saam gebou aan ‘n toeganklike, onsigbare bye korf in die Dorp waar daar soet heuning in gebêre kon word. Genesing vir gebrokenes en ‘n rivier van Lewende Water waarby jy kan gaan sit en jou dors (na Hom) kan les.


Binne drie dae was al vier die venues gereed vir die opening - ons, moeg maar dankbaar en verstom oor Sy Goedheid.


Dit het my laat dink aan die skrif hierbo wat opgesom kan word in die volgende woorde: “where there is unity, the Lord commands a Blessing”


Gister, na ‘n lang week van groot opwinding, gaan sit ek toe self by die “Rivier” en gesels met een van die vroue wat onvoorwaardelik aangemeld het vir diens. Die stories en getuienisse van dit wat reeds aan die gebeur is, is oorweldigend. Trane vloei, want ons weet: Dit was (en is) net Hy.


Ons het maar net opgedaag…


Wat ‘n ongelooflike voorreg om te sien hoe Hy mense gebruik. Met verskillende talente en gawes en roepinge. Soos ‘n kaleidoskoop wat met stukkies glas, saam die mooiste kleurvolle prentjies skep.


Ek voel bederf. Asof ek nie verdien om hierdie glorie van Sy Almag te sien nie. Ek is net ‘n mens. Met baie foute en krake en tog nooi Hy my in om dit te sien!


En Hy nooi vir jou ook - kom en daag net op...


“Come, all you who are thirsty, come to the waters; and you who have no money, come, buy and eat! Come, buy wine and milk without money and without cost...” Isaiah 55:1


Sela.

* Die kunsuitstalling is nog oop tot die 10de Oktober as jy ook 'n draai wil maak, NPK gebou, Plein Str 20, en in die Landbou saal, Die Laan, Stellenbosch. Kunswerk hierbo van Michelle-Lize van Wyk*

83 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page