John 8:12 TPT. Then Jesus said, “I am light to the world, and those who embrace me will experience life-giving light, and they will never walk in darkness
Het jy al een van daardie flieks gekyk waar die ontdekkingsreisigers of skatte jagters in ‘n antieke tempel of grot deur ‘n dodelike hindernis baan moet stoei? Een voetfout en dit is klaarpraat met jou… messe of pyle wat skielik uit die muur uitkom of ‘n net wat die persoon voor jou vang…en nes jy dink dit is nou veilig: Een of ander afgrond wat jou amper terug na die begin punt toe neem.
Ek sou nou nie juis hierdie genre as my gunsteling fliek beskou nie, maar dit is gewild in my gesin en in my opinie, beter as ‘n hardebaard aksie fliek. So, dit is iets wat ons nogal geniet om saam te kyk: Iets vir almal. Aksie en avontuur vir die manne en partykeer ‘n klein bietjie romanse vir die dames. Ligte vermaak met ‘n goeie einde. Perfek vir ontspanning.
Ligte vermaak. Wat ‘n stelling.
Hierdie laaste twee weke het amper soos een van daardie flieks gevoel. Alhoewel die “ligte” ons nie kon vermaak het nie. Inteendeel. Ons was letterlik in die donker gedompel. Nes ek dink ek het nou die beurt krag skedule onder die knie, word ‘n nuwe fase aangekondig. Of dis hierdie fase tot en met hierdie tyd, maar dan weer ‘n nuwe een later en so word die onverwagse pyle uit die muur gevuur en ek voel hoe die afgrond van onverrigte take my skielik gaan verras.
Want, alles word deesdae elektronies gedoen. (Seker nou die heeltemal ALLES) nie, maar werk is verseker feitlik onmoontlik as ek nie gesorg het dat my foon ten minste vol gelaai is voor die volgende hindernis my tref nie. Nie eens te praat van ‘n rekenaar nie…
Net soos in die flieks, tas ek in die donker. Fakkel (of goedkoop kers) in die hand moet ek voel-voel my huis met my geheue verken en koes vir die hoeke van meubels en deure wat in donker kolle skuil.
Dit begin elke dag meer en meer voel asof die krag langer af as aan is. So begin ons (en lyk my - die res van die Wes-Kaap) se soektog na ‘n oplossing. So kan dit nie aangaan nie! Invertors en batterye? Solar? Hoeveel krag het jy nodig en hoe lank moet dit kan hou? Wat kan jy inprop en wat moet jy los? Hoe lank hou die batterye? Watter tipe battery? Moet jy dit uit prop en inprop of skakel dit self oor...?
Ons doen navorsing en soos wafferse ontdekkingsreisigers vind ons die pad na ‘n billike verskaffer met ‘n pasklaar oplossing. Enigste probleem: Die hele Wes-Kaap het ook ‘n oplossing nodig so: Geen voorraad. Ons is op die waglys en sal (in die donker) moet wag.
Terwyl ek en die kinders een aand om die tafel sit en speel met die kerse wat ons aandete verlig het, dink ek aan die lig en hoe helder dit in die donker skyn. Die kontras en die letterlike verligting wanneer die krag aangaan. Almal sug gelyk en hardop: Die donker is vir eers verby!
Ek het weer waardering vir lig. En vir Hom, Jesus Christus waarvan Johannes, wat saam met Hom rondgeloop het, sê: " All things were made and came into existence through Him; and without Him not even one thing was made that has come into being. 4In Him was life [and the power to bestow life], and the life was the Light of men. 5The Light shines on in the darkness, and the darkness did not understand it or overpower it or appropriate it or absorb it [and is unreceptive to it]. (John 1:3 AMP)
Die Lig van die wêreld. Hy wat verligting gebring het in die donkerste donker. Wat helderder as die son, nie net vir my ‘n nuwe wêreld laat oopgaan het nie, maar ook die hindernisse op die avontuurpad saam met Hom, vir my verlig.
Hy wat self die Lig is en Sy lig in my kom aansteek het.
Ja, die Lig van die wêreld. Hoe nodig het ons Hom nie! Veral hier en nou, in (letterlike) donker Afrika.
Sela.
Comments