top of page
Search

Kom swem

Writer's picture: Welmarie Janse van VuurenWelmarie Janse van Vuuren

Revelation 21:5-7 (TPT)

5 And God-Enthroned spoke to me and said, “Consider this! I am making everything to be new and fresh. Write down at once all that I have told you, because each word is trustworthy and dependable.”6 Then he said to me, “It has been accomplished! For I am the Aleph and the Tav,[e] the beginning and the end. I will give water to all who are thirsty. As my gracious gift, they will continuously drink from the fountain of living water. 7 The conquering ones will inherit these gifts from me. I will continue to be their God and they will continue being children for me.[f]


Daar is min dinge in die lewe wat vir my so lekker is, as om te swem op ‘n warm dag in (swembare warm) water.


Ek voel sommer dadelik beter wanneer my kop net eers onder die water was. Asof ek my gedagtes saam met my lyf kan skoon was. Kleintyd het ek myself verbeel dat ek vlieg waneer ek swem en kon vir twee lang lengtes my asem ophou onder die water. Dan het ek die bodem dopgehou wat onder my verby glip, terwyl ek reguit arms soos ‘n superhero sweef tot aan die ander kant. In die stilte onder die water is ek deur my eie verbeelding weggevoer. Die realiteit van die oppervlak vêr vergete. Net ek en die water kon speel en verbeel na hartelus.


Aan die einde van hierdie jaar met alles wat afgehandel moet word, (onder die ongelooflike druk van 2020 en alles wat nie gebeur het nie), is ek lus om weer my kop êrens onder die water in te druk, waar ek niks kan hoor of sien nie.


Ek is lus om net vir ‘n oomblik te ontglip van dit wat op die oppervlak aan die gang is en myself te verlustig in die gevoel van die koel water op my vel. Die souterige reuk, borrels wat stadig opstyg en my lyf wat amper gewigloos in die stilte van die water hang.

Ek dink nie dis gesond om van die realiteite van die lewe te wil weghardloop nie en in hierdie staat van oorweldiging het ek baie simpatie met enige iemand wat na ontvlugting hunker. Wat ook al jou poison of ‘weghardloop’ is, ék het ook ‘n reboot knoppie nodig… en ek vergeet partkeer dat dit nie help om dit te soek in “wat ook al” nie, maar net in Iemand.


Die enigste plek waar ek gewigloos en buite tyd en ruimte kan funksioneer, is in die Teenwoordigheid van die Here. Ek besef dat die swembad hunkering van my eintlik ‘n noodkreet is van my liggaam, siel en gees om te week in die Water van Sy nabyheid, Genade en Vrede.


Daar in die stiltes waar Sy hart met myne praat. Partykeer met woorde, maar meestal net deur te wees in die oomblik. Oorgegee en eerlik. Net ek en Hy.


Mag ek vandag tyd maak vir dit wat regtig belangrik is en net by Sy voete gaan sit. Sonder my lysie van versoeke en bekommernisse. Net wees en luister en indrink.

Mag ek toelaat dat Sy waters van Vrede en Rus oor my spoel en my verkwik in hierdie malle gejaag.


En as ek al die vragte goed wat ek saam met my dra, in die water invat, mag dit oplos in Sy Liefde en Teenwoordigheid van die Heilige Gees.


Amen



101 views0 comments

Recent Posts

See All

Speel-Speel

Kommentare


Subscribe Form

Thanks for submitting!

0729977023

©2021 by Beloved ♥ Geliefd. Proudly created with Wix.com

bottom of page