top of page
Search

Kies - 'n Moontlikheid.

Writer: Welmarie Janse van VuurenWelmarie Janse van Vuuren

Psalm 139:23-24, NLT

Search me, O God, and know my heart; test me and know my anxious thoughts. Point out anything in me that offends you and lead me along the path of everlasting life.


Ek dink nie dit is vir enige iemand lekker om te wag nie. Dit voel soos tydmors! Veral daardie tipe wag waarin jy nie solank iets anders kan doen nie en net moet wag.


Ek het gewoonlik iets by my, om my besig te hou as ek weet dat ek ‘n rukkie gaan moet stilsit, maar met die hernuwing van my bestuurslisensie het ek myself totaal en al misgis met die tyd wat dit sou neem…


Ek het lekker vroeg in die ry ingeval en nog ‘n paar dingetjies beplan vir later in die oggend. Heel optimisties. Na ‘n uur se wag en geen vordering in die elle-lange-tou nie, het ek besef dat ek anders oor die saak sal moet dink. Gelukkig onthou ek toe dat ‘n vriendin van my die boek “The Choice” van Edith Eger aanbeveel het… en dat ‘n mens dit elektronies op jou foon kan aflaai. Wat ‘n Blessing! Vir die volgende 4 ure (JA 4 URE!!), kon ek myself verdiep in hierdie aangrypende ware verhaal van ‘n jong ballerina in die konsentrasie kamp van Auschwitz en die invloed wat dit op haar lewe gehad het. Dit was ontstellend en ter gelyke tyd bevrydend… en die wag in die ry, toe glad nie tydmors nie.


‘n Aanhaling op Edith Eger se webwerf oor die boek verduidelik dit so: ”Edie spent decades struggling with flashbacks and survivor’s guilt, determined to stay silent and hide from the past. She raised a family, studied and practiced psychology, and refused to speak about her experiences during the war. Thirty-Five years after the war ended Edie returned to Auschwitz and was finally able to fully heal and forgive the one person she’d been unable to forgive for years. Not Hitler. Not Josef Mengele. Herself.


Today, at ninety-three years old, Edie is a renowned psychologist and speaker who specializes in treating patients suffering from traumatic stress disorders. She demonstrates, in her life and professional practice, how freedom from trauma, grief, and fear becomes possible once we confront our suffering and make the choice to heal: To embrace the possible.”


Confront our Suffering. Make the Choice to heal. Embrace the Possible.


Vir baie lank na dié wag in die ry by die Verkeersdepartement, het hierdie woorde by my vasgesteek. Na 35 jaar van ontkenning, het Edith besluit dat sy kan KIES om gesond te word.

En dit het nie net haar lewe verander nie, maar ook die lewens van almal om haar. Omdat sy vir lank, niks met die trauma “gemaak” het binne haar nie, het dit iets/iemand van haar “gemaak” wat sy nie wou wees nie en sy het gekies om dit te verander.


Haar boek is gepubliseer in 2017 toe sy 90 jaar oud was en tot vandag toe help sy mense om te kies...


Mag ek en jy ook vandag kies om ons seerkry te konfronteer en gesond te word. Al voel ons seerkry dalk te klein om te konfronteer of so oorweldigend groot dat ons bang is dat ons nooit weer daaruit gaan kom nie. Mag ek en jy nie langer ons emosies wegpraat of wegsteek of verdoof nie, maar kies om daardeur te werk en heel te word.


Ons wonde het nie nog pleisters nodig nie, net die LIG.


Sela.


 
 
 

2 Comments


Maudie Potgieter
Maudie Potgieter
Aug 20, 2021

Welmarie, jou pa was my klasmaat op skool. Hy het my op jou spoor gesit! Uitmuntende skryfwerk, hierdie. Baie Geluk!

Like
Replying to

Baie dankie!

Like

Subscribe Form

Thanks for submitting!

0729977023

©2021 by Beloved ♥ Geliefd. Proudly created with Wix.com

bottom of page