John 16:33 TPT
“And everything I’ve taught you is so that the peace which is in me will be in you and will give you great confidence as you rest in me. For in this unbelieving world you will experience trouble and sorrows, but you must be courageous, for I have conquered the world!”
Hierdie week sou my sussie se seuntjie se verjaarsdag gewees het. Sou, want hy is stil gebore. Wat eintlik ironies is, want niks was regtig “stil” rondom sy geboorte nie.
Ek onthou hoe ons almal uitgesien het na die nuwe nefie, (my kinders was toe al amper klaar met die laerskool). Die afwagting was groot. ‘n Nuwe baba. Nuwe ouers. ‘n Naamgenoot vir sy Oupa en Pa.
Ek kan nog presies onthou waar ek was, toe my sussie se man gebel het met die nuus van sy dood. Ons het saam met my ma-hulle langs die hokkie veld gesit. Hulle het spesiaal afgevlieg vir Mia se verjaarsdag wat oor ‘n paar dae was. Mia het in die Paarl ‘n wedstryd gespeel. Die paviljoen was koud. Soos my ma se stem van die skok. Daar was ‘n lang stilte soos die nuus sou insink: “Ons het gegaan vir die laaste scan voor sy geboorte, maar die ginekoloog kon nie ‘n hartkloppie opspoor nie. Hanna moet ingaan vir ‘n keiser. Louistjie is reeds dood.”
Onwerklik.
Die volgende paar dae was gevul met trane en reëlings tref sodat my Ma en Pa kon vlieg Pretoria toe. Hulle moes ‘n begrafnis hou en doodsertifikaat reël en treur en troos…
Soveel emosies losgelaat in ‘n oogwink. Dit was oorweldigend.
Ek onthou dat my Sussie vir my vertel het, hoe sy die aand voor die ondersoek, gedroom het dat sy (en ons almal agterna) ‘n massiewe berg moes klim. Dit was nie ligte musiek nie. Nie vir enige een van ons nie. En ‘n berg was dit wel.
Maar ons Hemelse Vader is en was so getrou. Hy het ons elkeen kom aanraak op ‘n ongelooflike persoonlike en spesiale wyse sodat ons kon vashou aan Sy karakter, ten midde van hierdie storm en die hartseer. Ek sou seker ‘n boek kon skryf oor al die beloftes, beelde en profetiese woorde wat die Vader vir ons gegee het en dit wat tot vervulling gekom het (tot vandag toe).
‘n Liedjie wat amper vir my soos ‘n kenwysie van daardie tyd is, is: “It is well with my soul” wat Horatio G. Spafford geskryf het, nadat sy kinders almal verdrink het in ‘n vrats ongeluk op see. Die Kristine de Marco weergawe van die liedjie het dag en nag in my motor gespeel. En alhoewel ek soveel vrae en hartseer gehad het, kon ek uit die diepte van my hart saam sing. Dit was “Well” met my, want na ‘n leeftyd se vertroue en die bewyse van Sy Liefde, kon ek staatmaak op my liefdevolle Hemelse Vader, Sy beloftes en karakter: Al kon ek nie sin maak van dit wat gebeur het nie.
Intussen is my Sussie en haar man geseën met drie pragtige kindertjies. Elkeen besonders uniek en elkeen met ‘n wonderwerk-storie van hul eie. Daar het soveel goeie dinge uit hierdie hartseer gespruit dat ek seker ‘n hele dag daaroor kon skryf. Louistjie se vorming, geboorte en dood was nie verniet nie. En ons sien almal uit daarna om hom weer eendag te sien!
Wat ek ook weet is dat genesing nie linieêr is nie. Die wond is dalk al toe en die infeksie is verby, maar die letsel kan partykeer net soveel pyn soos daardie eerste dag. En dit is OK. Ons kan ons seer elke keer weer na Hom toe bring. Hy verstaan. Sy wonde is vir EWIG op Sy hande, sodat dit vir altyd vir ons genesing kan bring.
It is well with my soul.
It is well –( Kristine de Marco )
Grander earth has quaked before Moved by the sound of His voice And seas that are shaken and stirred Can be calmed and broken for my regard
And through it all, through it all My eyes are on You And through it all, through it all It is well And through it all, through it all My eyes are on You And it is well, with me
Far be it from me to not believe Even when my eyes can't see And this mountain that's in front of me Will be thrown into the midst of the sea
And through it all, through it all My eyes are on You And through it all, through it all It is well And through it all, through it all My eyes are on You And it is well, it is well
So let go my soul and trust in Him The waves and wind still know His name So let go my soul and trust in Him The waves and wind still know His name
So let go my soul and trust in Him The waves and wind still know His name The waves and wind still know His name
And it is well With my soul (sing it out) It is well With my soul It is well With my soul It is well, it is well with my soul (sing it out, it is well)
Comments