Philippians 4:8 (TPT)
Keep your thoughts continually fixed on all that is authentic and real, honourable, and admirable, beautiful and respectful, pure and holy, merciful and kind. And fasten your thoughts on every glorious work of God, praising him always. 9 Put into practice the example of all that you have heard from me or seen in my life and the God of peace will be with you in all things.
Partykeer vang ek myself betyds uit en ander kere is ek te laat: As ‘n gesprek iets is waar ek gekonfronteer word met ‘n swakheid in myself (bewustelik of onbewustelik) of ‘n ou wond is, of iets is waarvoor ek nie ‘n goeie antwoord het nie, of ‘n fundamentele oortuiging uitdaag, kan ek my 17-eeuse-staal-pantsers aantrek en terugval op aangeleerde “coping” meganismes of myself uit-wurm uit die situasie. Of, as ek betyds sien wat kom, ek kan in die oomblik bly en baklei vir wie ek wil wees. Die tweede scenario definitief moeiliker, maar onlangs het ek besef: Ek het altyd ‘n keuse. En die Vrede is net in die een.
Ek kan ‘n ongemaklike gesprek / konfrontasie hê, sonder om my swaard te lig of weg te hardloop en dit oorkry soos medisyne drink of tandeborsel of klere-in-die-mandjie gooi (as jy so moeg is dat jy nie jou oë kan oophou nie…) Of ek kan dit vermy. Uitstel. Afstel of wegsteek onder ‘n halwe waarheid of ‘n vinnige wit leuentjie…of ‘n generiese antwoord wat niks bydra tot die gesprek nie.
As ek kies om te “bly”, voel ek dat ek getrou is aan myself en my waardes en dit wat ek wil wees. Waardes waarvan een definitief eerlikheid is. Nog een: Opregtheid; en ook - goeie verhoudings; omgee; en sommer net om te erken: Ek het foute en dit is OK.
Dit impliseer natuurlik inherent dat ek vir myself moet opdaag en die bul by die horings moet pak. Al beteken dit dat ek staan met die spreekwoordelike “rooi lap” van kwesbaarheid in my hand en dat die bul wat ek wil aanpak, my enige tyd kan bestorm. Ek weet nou al: Om binne my waardes op te tree is op die ou end veel meer werd, as om weg te hardloop. Maak nie saak hoe moeilik dit is nie. Die pyn en ongemak is gewoonlik vinniger oor as die selfverwyt en daar bly nie letsels oor as ek optree binne my waardes nie. Ek hoef nie dinge te rasionaliseer nie. Ek is myself. En dit gee my vrede. Want as ek optree soos die mens wat ek graag (altyd) wil wees beteken dit ek het integriteit: Teenoor myself en ook teenoor die persoon waarmee ek die gesprek het. Al is dit aanvanklik erg ongemaklik en al het ek geen beheer oor die ontvanger se optrede, gedagtes of dade nie, bly dit die enigste opsie. Sonder integriteit voel ek soos ‘n verraaier. Teenoor myself.
Ek hou van die definisie wat Brene Brown hiervoor gee. Sy som integriteit as volg op: ”Integrity is choosing courage over comfort. You choose what is right over what is fun, fast, or easy. And you choose to practice your values rather than simply professing them.”
‘n Mondvol. Ek herkou dit. “Courage over Comfort” Dit is seker dié braafste ding om te doen. (Ek kies heeltemal te maklik “comfort”). En om te kies wat reg is bó “fun, fast or easy”… moeilik! Veral die fast or easy deel.
Maar, net soos oefen of genoeg water drink of slaap inkry, dink ek, is integriteit die voedingswaarde wat my siel nodig het, om gesond te bly. Wanneer ek die hele tyd moet keer vir my wickets of myself moet verdedig of verduidelik omdat ek nie kies om die brawe, opregte ding teenoor myself te doen nie, maak dit my letterlik siek. Ek kan dit voel, nie net in my lyf nie, maar ook in my hart. Ek onttrek en is teleurgesteld, want dit is nie wie ek wil wees nie.
So, ek wil kies. Ek wil kies om braaf te wees, binne my waardes te bly en terselfdertyd ongemaklik en akward te voel, maar nie my vrede prys te gee nie. Daar is net nie ‘n ander manier nie. As ek binne die grense van my eie waardes wil funksioneer sal ek maar net moet vrede maak met ‘n onperfekte, val-opstaan, afstof en weer probeer authentic weergawe van myself. Maak nie saak of die wêreld saamstem met wie sy is of dit waarin sy glo nie, sy is die egte een. Opreg. Sy is ek. Die een wat Hy gemaak het. Die een wat ek wil wees. Altyd.
Mag ek ook soos hierdie skrifgedeelte sê, dinge bedink wat authentic and real, honourable, and admirable, beautiful and respectful, pure and holy, merciful and kind, is en dit nie net dink nie, maar braaf genoeg wees op dit te doen, te sê en te wees, sodat die God van Vrede ook by my kan wees in alle dinge.
Amen.

Comments