top of page
Search

In alles en in almal

Writer's picture: Welmarie Janse van VuurenWelmarie Janse van Vuuren

Psalm 8:3 Look at the splendor of your skies, your creative genius glowing in the heavens. When I gaze at your moon and your stars, mounted like jewels in their settings, I know you are the fascinating artist who fashioned it all! But I have to ask this question: 4Why would you bother with puny, mortal man or care about human beings? 5Yet what honor you have given to men, created only a little lower than Elohim, crowned with glory and magnificence.


“Strength guaranteed” staan op die trok voor my geskryf. Ek weet dit. Al kan ek dit nie op die oomblik sien of lees nie. Die groot PPC Sement logo is toe onder die ligte bruin stof wat die hele trok ‘n monochrome voorkoms gee. Jy sou nie weet dat daar ‘n handelsmerk op is (en ‘n groot olifant) nie. Ek kan skaars die buitelyne uitmaak, maar ek weet dit is hy. Die trok met die massiewe olifant op wat die duursaamheid van die sement adverteer. Hierdie trok het al ‘n hele paar keer voor my gery. Die olifant wat hoog bo my klein motortjie uit-toring en lewensgroot vir my kom moed gee. Gewoonlik ook net mooi presies op die regte tyd.


Einstein het glo gesê dat daar twee maniere is om deur die lewe te gaan: Of jy kan dink dat alles in die lewe ‘n wonderwerk is, of dat niks is nie. Ek is verseker een van daardie mense wat probeer glo dat alles in die lewe ‘n wonderwerk is: soos hierdie trok wat met sy “Strength Guaranteed” advertensie, ‘n boodskap is wat net mooi vir my gestuur word - op die regte tyd.


Ek glo dit, want dit gebeur net te veel en te presies om nie ‘n wonderwerk te wees nie.

Soos die keer wat ek en Mia, my dogter, baie mooi moes besluit of sy skole moes skuif in Graad 10, of nie. Ek onthou hoe ons vir haar geskenkpapier gaan koop het, om haar boeke mee oor te trek, en toe “toevallig” (sou ons later besef) al haar boeke oorgetrek het in die kleure van die nuwe skool se uniform! In daardie selfde tyd het ons ook die SAB trok amper elke dag raakgesien wanneer ons in die motor was... “No Regrets” het op die trok gestaan - Ook in die kleure van haar nuwe skool se uniform. ‘n Bevestiging wat vir ons al twee vrede gegee het.


My motor is die plek waar ek hardop bid oral waar ek gaan (en as jy gewonder het, met my oë OOP). Ek het al gedink die mense om my moet seker dink ek praat vir ure met iemand op die motor se Bluetooth... maar miskien is dit die rede waarom dit juis die plek is waar ek die meeste bevestigings kry? Of Sy stem so duidelik hoor? Dit is my gebed / afpak / ontlaai / intree en sommer net gesels met die Here plek. En as ek dan iets raaksien, wat met my praat, voel dit deel van hierdie gesprek waarmee ons besig is. Leidrade wat soos juwele is, wat ek kan optel en saam met my in my hart kan dra.


Ek onthou ook die keer wat ek gevoel het dat ek ‘n prentjie gesien het en dit vir iemand, wat ek nie baie goed ken nie, spesifiek moes gee as ‘n boodskap. Dit was ‘n duidelike beeld, maar hoe moes ek dit benader, het ek gewonder? Ek het op pad soontoe die hele tyd gebid. Veral omdat dit glad nie vir my sin gemaak het nie, maar ek geweet het, dit dalk vir die ander persoon presies was, wat hulle moes hoor? Net voor ek die afdraai moes neem na die persoon se kantoor toe, ry daar toe ‘n elektriese trokkie voor my in, met ‘n arend op en die woorde: Power to you. Ek kon net glimlag. Alhoewel ek bewerig en senuweeagtig was om die boodskap oor te dra, het ek geweet - ek gaan nie in my eie krag nie. En die ongelooflike waardering van die persoon en dankbaarheid vir die onsamehangende beeld, het my net laat besef dat ek gehoorsaam moes wees. Die Here sou self die legkaart bou en Sy krag was by my.


Soos, vandag toe ek so oorweldig voel oor alles wat die week moet gebeur en afgehandel moet word, kon ek, terwyl ek bid, na die sement trok kyk en wéét dat ek wéét dat Hy vir my die krag sal gee vir dit alles. Al kan ek Hom nie sien nie, soos die advertensie wat toe is onder die stof. Is Hy daar. Hy was nog altyd. Miskien glimlag Hy ook as ek die 10de rooi motor na mekaar raaksien terwyl Hy met my praat oor die liefde? Of die groot SASKO trok met die “Spread the Love” logo op in die kruising by die verkeerslig raaksien?


Ek sal bly glo Hy is in dit alles en dat die lewe hier een groot wonderwerk is.


“When you leave everything in God’s hands – you will eventually see God’s hands in everything" ?


Vir my is Hy hier, Hy sien my raak en Hy weet wat ek nodig het om te hoor, of te sien (?) op presies die regte tyd.


Ons verhouding is ‘n ewige dialoog.

Met prentjies en woorde en liedjies en wat ook al.

Hy hou van gesels. Ja, selfs met my!


...en verseker ook met jou.


Amen.



100 views0 comments

Recent Posts

See All

Speel-Speel

Comments


bottom of page