Psalm 121:3-8
1-2I look up to the mountains and hills, longing for God’s help. But then I realize that our true help and protection is only from the Lord, our Creator who made the heavens and the earth. 3He will guard and guide me, never letting me stumble or fall.God is my keeper; he will never forget nor ignore me. 4He will never slumber nor sleep; he is the Guardian-God for his people, Israel. 5Yahweh himself will watch over you; he’s always at your side to shelter you safely in his presence. 6He’s protecting you from all danger both day and night. 7He will keep you from every form of evil or calamity as he continuously watches over you. 8You will be guarded by God himself. You will be safe when you leave your home, and safely you will return. He will protect you now, and he’ll protect you forevermore!
Ek wil so half-en-half nog steeds vir mense voorspoedige nuwe jaar sê wanneer ek hulle vir die eerste keer raakloop, al is dit nou al amper Februarie. Ek neem hierdie jaar dinge aspris stadiger. Ek wil nie (en kan nie) hierdie jaar weer begin, in dieselfde maltrap gejaag waarin dit geëindig het nie. My hart is nog by die see. By die eenvoud van kamp en die rustigheid van ‘n baie eenvoudige roetine. Ek gee myself grasie. En ek probeer baie hard om nie té skuldig te voel oor die dinge wat ‘n bietjie aanskuif na môre of die dag daarna nie. Ek ontspan my skouers, doen my strekoefeninge en luister na die visualisering oefening aan die einde, sonder om dit voortydig af te skakel omdat ek moet aan beweeg na die volgende taak toe. Ek staan intensioneel en luister na ‘n geselsie wanneer ek iemand raakloop, want wat is twee minute nou? Dalk is dit net mooi daardie twee minute se luister wat die ander persoon nodig het? En ek weet dit is nie altyd realisties of moontlik nie, maar ek probeer regtig hard om nie die oomblik vooruit te hardloop in my gedagtes nie.
My “saving grace” is my WhatsApp groepies wat ek net met myself het. Ek het verskillende kategorieë. Een vir inkopies, een vir dinge om af te handel en een vir dokumente, foto’s ensovoorts wat ek nodig het vir werk en eers net moet parkeer. Hoe kry ek dit reg om ‘n groepie met myself te stig? Ek gebruik een waarvan ál die lede afgeklim het of ek maak een met my man en haal hom dan af. Dit werk, my foon is maar meeste van die tyd by my. Ek hoef nie ‘n papier te soek om iets op neer te skryf en later weer daardie einste papier met die lysie op te soek nie. Alles is by my en ek kan iets intik sodra dit by my opkom en dit oorgee. Wanneer ek dan in die winkel of voor die rekenaar sit, kan ek alles waaraan ek gedink het, sien en kan ek vir myself ‘n sterretjie gee vir elke item wat ek afhandel.
Kinderlik wonderlik.
Dit hou my ‘n bietjie in die oomblik. Al is die oomblik ook miskien iets wat ek moet oorgee...
Hierdie vakansie was dit die eerste keer waar ons kinders in ‘n aparte motor na die kampplek toe gery het. En daar was soveel oomblikke waarin ek net moes oorgee. My bekommernis of hulle die regte pad ry. Of daar genoeg diesel in die motor is. Gaan hulle die regte afdraai kry? Is almal se sitplekgordels vas? Is die musiek te hard? Sal hulle hoor as ek bel? Die ewige Mamma!
Al is my kinders nie meer klein nie, bly ek wonder of dit wat ek oor die laaste 20 jaar vir hulle probeer leer het, genoeg was? En ek moet sê oor die algemeen verbaas hulle my – darem op ‘n goeie manier. Hulle is eintlik verantwoordelik en ek hoef glad nie so baie te bekommer nie...en hulle herinner my gereeld daaraan....
Dit raak seker beter met tyd soos hulle hul vlerke sprei? Maar dan onthou ek ‘n gesprek
tussen my en my liefste Ouma Nellie, net nadat my kinders gebore is. Sy het altyd op ‘n Sondag aand gebel om te hoor hoe dit gaan. En toe ek verduidelik dat my kindertjies maar sukkel om te slaap en hulle my wakker hou in die nag, sê sy dat ek nie alleen is nie: Haar kinders hou haar ook wakker in die nag. Sy bid maar vir hulle as sy nie kan slaap nie...
Dit het my laat dink aan die skrif gedeelte hierbo wat sê dat God nooit slaap nie. Ek mag dalk na die berge kyk en wonder waar my hulp vandaan gaan kom? Of soek na ‘n oplossing om nie so angstig te voel nie? Terwyl my hulp hier bý my - en óm my is.
Iemand sê in die week dat dit haar opgeval het dat ons na so baie dinge soek vir oplossings in ons lewens, terwyl ons eerder net na God moet soek. Hy is die antwoord op soveel van ons vrae en behoeftes. En ek stem heelhartig saam, maar ek wil dit selfs verder vat. Ek dink Hy soek na óns. Hy is versteek in elke dag en in alles om ons. Ons moet Hom net toelaat om Homself aan ons te openbaar.
Ek dink HY is in hot-pursuit hier by ons. Amper soos ‘n verliefde tiener wat iemand op Instagram gaan opsoek en later elke detail van daardie persoon se bladsy ken. Hy het ons lief ongeag of ons dit besef of nie. Hy verlang daarna dat ons Hom net toelaat om ons lief te hê. Openbaring sê Hy staan by die deur en Hy klop. Dit beteken dat Hy die pad na my hart ken. Hy het soontoe geloop. Hy wag geduldig by my deur. Hy wil inkom en daardie angstigheid en bekommernis kom wegneem. Ek moet letterlik net die deur oopmaak. Ek hoef nêrens heen te gaan om Hom te soek nie. Hy is reeds daar by my. En Hy gee nie om as my huis té deurmekaar is vir gaste nie. Opruim is sy spesialiteit.
Hoe ongelooflik.
Ek gee weer oor. Ek maak die deur weer oop, kom in Here! Kom ons hou ‘n feesmaal in hierdie oomblik. U staan ook geduldig voor die deur van al my geliefdes. U is ook by hulle. Klop asseblief hard?
Kom in...want in hierdie dorp, waar ek omring word deur berge, kom my hulp van die Here.
Amen
Comments