top of page
Search

Heel – Hartig

Writer's picture: Welmarie Janse van VuurenWelmarie Janse van Vuuren

Romans 8:38-39 (Amplified Bible)

38 For I am convinced [and continue to be convinced—beyond any doubt] that neither death, nor life, nor angels, nor principalities, nor things present and threatening, nor things to come, nor powers, 39 nor height, nor depth, nor any other created thing, will be able to separate us from the [unlimited] love of God, which is in Christ Jesus our Lord.


“Loved into Wholeness”


Hierdie sinnetjie herhaal nou al vir ‘n week lank homself in my gedagtes.


Liefgehê totdat jy Heel is.


Ek onthou hoe ek, ‘n hele paar jaar gelede, deel was van ‘n kunsuitstalling waar musiek en gedigte saam met elke skildery “uitgestal” was. Mense van verskillende kulture, agtergronde en demografieë was almal bymekaar met een gemene deler: Ons liefde vir God en Sy liefde vir ons.


Ons wou die aand graag laat ‘werk’ en ons het geweet dat die familie-band, wat ons deel in Christus, sterker was as die verskille tussen ons. Ons wou die brug bou…maar die olifant was in die kamer... todat die musiekkant homself en sy orkes voorgestel het. Hy is ‘n Afrikaanse kletsrymer / rapper wat gestraal het van die Here se liefde en hy het dit so mooi gestel. Hy het gesê: “ Ek weet ons almal hier is verskillend en dit is dalk ‘n bietjie akward vir julle, maar moenie worry nie. Ons sal julle net aanhou hug en hug tot al die akward weg is.”


Ek het mense nodig: Mense met Begrip en Verstaan en Omgee en Liefde. Daardie soort wat nie veroordeel nie. Wat nie jou slegte dag aanvaar as die norm nie, en beter van jou dink as hoe jy op die oomblik optree. En daar is eintlik net een Iemand wat só liefhet. Wat só presies raaksien wat jy nodig het in elke oomblik en jou vasdruk in ‘n Hemelse omhelsing wanneer jy sommer net ‘n tantrum wil gooi of net met die verkeerde voet uit die bed uit opgestaan het...


Ons Hemelse Vader, wat anders as aardse vaders, nie hulle humeur verloor of moed opgee of verwagtings of frustrasies het oor wie ons is en hoe ons optree nie. Nee, die Vader en die Skepper van Liefde, bly altyd lief. Al maak ons foute. Al is ons soms net irriterend of huilerig of onverstandig of opstandig. Hy bly lief.


Selfs wanneer ons wil wegkruip (oor ons droogmaak), kom soek Hy ons. Hy maak vir ons klere. Hy maak ons skaam wees toe en hou ons vas todat al die spanning uit ons spiere verdwyn en ons net kan oorgee en heeltemal verlore raak in Sy Hemelse arms.


Hy wat liefde uitstraal en dit vasbind aan ons wese - Hy wil my liefhê! HY WIL. In my eie menslikheid dink ek Hy moes nou al lankal moed opgegee het: Ek kla dan met die witbrood onder die arm. Ek is gefrustreerd en ongeduldig en doen nie wat ek wil nie, maar juis wat ek nie wil nie. Maar nie Hy nie. Hy is Vergifnis. Hy is Lankmoedig en vol Liefde. Hy wil. Hy wil my Liefhê. Ek moet dit net raaksien en hier wil ek myself herinner aan wat Einstein gesê het: “There are two ways to live your life. One is as though nothing is a miracle. The other is as though everything is a miracle.”


Ek kies vandag om Sy liefde in die wonderwerk van ‘n wolk wat soos ‘n hart lyk, raak te sien. Of my kinders wat uitbundig lag; Die nuwe blare aan die Eikebome en selfs my eie asemhaling.

Mag ek oop wees om Sy liefde te ontvang – in watter vorm of kleur of geur dit ook al oor my pad kom.


Mag ek Hom in elke klein wonderwerkie raaksien en toelaat dat Hy my liefhet, todat ek heel is.

Sela.





136 views0 comments

Recent Posts

See All

Speel-Speel

Comments


Subscribe Form

Thanks for submitting!

0729977023

©2021 by Beloved ♥ Geliefd. Proudly created with Wix.com

bottom of page