top of page
Search

Gered

Romans 3:21-24 How We Are Put Right with God. 21 But now God's way of putting people right with himself has been revealed. It has nothing to do with law, even though the Law of Moses and the prophets gave their witness to it. 22 God puts people right through their faith in Jesus Christ. God does this to all who believe in Christ, because there is no difference at all: 23everyone has sinned and is far away from God's saving presence. 24But by the free gift of God's grace all are put right with him through Christ Jesus, who sets them free.


So ‘n tydjie gelede gesels ek met ‘n vroutjie wat ek by ‘n gesamentlike uitstalling ontmoet het. Ons deel dieselfde kreatiewe passie en sy voel soos familie. Ons besluit om in die toekoms ‘n projek saam aan te pak en maak ‘n afspraak om koffie te gaan drink. Dinge vloei gemaklik en ons verstaan mekaar. Sy vertel my meer van haarself en dan sê sy: “In my onmiddellike familie is ek die enigste persoon wat gered is.” Sy gesels aan, maar my gedagtes steek vas by “gered’. Ek het baie lank laas daardie term gehoor of gebruik om mense wat Christene is te beskryf... En tog is dit presies wat dit is! Ons is gered. Van soveel dinge. En ons het almal ‘n Redder nodig. Maar ek wonder, of ons regtig die Here nog toelaat om ons te red? Dit klink so vreemd op my ore. Ek is so onafhanklik en selfstandig. Moderne mense is suksesvol. Goeie mense. Ingelig en verlig. En daar word eintlik vir ons vertel dat ons onsself moet/kan red. Self help. Self liefde. Alles goeie dinge, maar...


Glo ek dit nog regtig dat ek ‘n Redder nodig het?


En dan luister ek na een van Tim Keller se boodskappe waarin hy dit so mooi verduidelik. Hy sê hy word dikwels gekonfronteer met die siening dat “goeie mense” tog moet hemel toe gaan? En slegtes nie? Maar dit spruit uit die siening dat ons dink dat ons GOED GENOEG kan wees om te voldoen aan Hemelse standaarde. Of dit nou is deur sekere reëls, wette of rituele of gewoontes te volg – As God is, wie Hy sê Hy is (en ek glo dit met my hele hart) dan is dit net onmoontlik: God se Heiligheid, Almag, Liefde en Regverdigheid is onbereikbaar.

Tim sê dit is amper soos ‘n swemgala waar daar van die swemmers verwag word om van New York af Engeland toe te swem. ‘n Gewone mens mag dalk al in die eerste branders in die moeilikheid wees. ‘n Goeie swemmer sal dalk ‘n entjie vorder, maar na ‘n paar kilometer sal ‘n reddingsboot ook hierdie swemmer moet red. ‘n Olimpiese-langafstand-ope-water swemmer sal dalk ver vorder, maar die uitdaging sal een of ander tyd ook sy tol eis. Menslik is dit net onmoontlik om hierdie afstand alleen en sonder redding af te lê. Maak nie saak of jy ‘n “goeie” swemmer (mens) is, of nie.


Jip. Ons almal het redding nodig. Ons almal skiet te kort. En ons (Christelike) geloofsoortuiging is die enigste een wat aanvoer dat jy nie jouself kan red nie. Nee. Ons liefdevolle Hemelse Vader het die Reddingsboot gestuur sodat ons nie in die stormsee vergaan nie, maar op die boot kan klim en veilig aan die ander kant kan uitkom. Onverdiende reddende Genade.


Ek is definitief nie ‘n goeie swemmer -of atleet nie en ek dink ek sou sommer van die wal af in die boot wou klim as ek kon... maar ek wonder of ek nie besig is om partykeer te dink dat ek Olimpiese vermoëns het nie? Dat ek ‘n “goeie mens” is nie? En darem so klein bietjie beter as ‘n krimineel of ‘n ‘slegte’ mens nie? Wanneer ek so dink weet ek, ek het vergeet - Ek is gered. Ek het die reddingsboot net so nodig gehad soos ‘n dominee of ‘n prostituut of ‘n moordenaar. Goeie mense of slegte mense - ons almal is in dieselfde bootjie.


Mag ek dit nooit vergeet nie en mag ek nooit te trots wees om weer op die boot te klim wanneer ek in my onafhanklikheid probeer het om die branders alleen aan te durf nie.


Dit laat my dink aan een van die mooiste illustrasies van Charlie Mackesy in sy boek “The Boy, The Mole and the Horse” Een van my gunsteling-gunsteling boeke! Die seuntjie vra in die prentjie vir die perd: “What is the bravest thing you have ever said?” en dan sê die perd: “Help”


Help.

Red my Here, elke dag.

Amen.



346 views1 comment

Recent Posts

See All
bottom of page