top of page
Search

Genade vir Elke Dag.

Writer's picture: Welmarie Janse van VuurenWelmarie Janse van Vuuren

Lamentations 3:22-23

22 It is because of the Lord’s loving kindnesses that we are not consumed, Because His [tender] compassions never fail. 23 They are new every morning;

Great and beyond measure is Your faithfulness. (AMP)

In die bou-wereld is daar nie regtig baie vrouens nie. (En dit is heeltemal verstaanbaar as dit kom by die fisiese krag wat dit kos om sakke sement aan te dra en bakstene aan te ry.) Dit is ‘n harde wêreld...en ek is ‘n vrou. Nie die Amazone tipe nie… Kort en fyn en tot baie kontrakteurs en verskaffers se verbasing, die bouer, projekbestuurder en voorman.


Ek het maar net gelag wanneer daar ‘n aflewering van een of ander soort op terrein kom en die drywer reg bo-oor my kyk opsoek na die “bouer”. Pretorius, my regterhand, se oë het sommer geblink van die lag as hy dan, vir die soveelste keer, sê: ”Daar is sy” en hulle na my toe bring. Sy humor sin het my baie dae deurgedra.


Tot eendag. Wat dit nie snaaks was nie.


Ek het spesifiek vir Pretorius instruksies gegee om vir my ‘n gedeelte van die motorhuis se vloer af te ‘grind’ sodat die plaveisel se soom presies onder die motorhuis se deur is en ‘n mens nie die oorgang van buite (of binne) kan sien nie. ‘n Oulike truuk wat ek by my manlief geleer het.


Ek het fisies op my kniee vir hom die waterpas vasgehou en gewys wat ek bedoel, tevrede weggery en materiaal gaan oplaai.


Met die terugkomslag het my hart gaan staan… Pretorius het aan die verkeerde (binne) kant van die waterpas afgesny, wat nou die hele idee in sy peetjie gestuur het. Dit was die laaste strooi. Ek het weggeloop en die trane het oor my wange gestroom. Ek het dan so mooi verduidelik?! En dis Pretorius, my regterhand! Hoe kon hy so verkeerd verstaan het? Die pleistervoorman, Bruno, het gesien ek is nie lekker nie en het my kom troos met woorde wat ek nie nou eens kan onthou nie. Maande van spanning om dinge rég te doen het die damwalle laat breek.


Bruno het my uiteindelik herinner aan die beton en vormwerk-kontrakteur (wat dierbaar is). Ek het hom gebel en die situasie verduidelik en die volgende dag was hy daar met ‘n oplossing. Ek dink hy het gesien dat ek erg ontsteld is oor die hele storie en was so gaaf om net vir die materiaal iets te vra… ‘n Nuwe “Angle Iron” wat die blad sou versterk by die ingang en ekstra beton om die blad reg te maak. Die stuk yster moes hy spesiaal laat maak volgens die groote van die opening... soos ek sê: Dierbaar.


Daardie aand het ek in my bed gelê en wonder oor die volgende ding wat kan verkeerd gaan, in die kettingreaksie wat ‘n bouery is, en ek onthou hoe ek so duidelik in my gees gehoor het hoe die Here sê: ” Niks is ooit so stukkend dat dit nie weer reggemaak kan word nie.” Sjoe. Dit het deur my kop gemaal en my vrede gegee. Ek het dit gesien - elke dag.


Maak nie saak hoe bekwaam die kontrakteur is nie, een van sy arbeiders het dalk net ‘n slegte dag en pleister die elektriese skakelaar boksies toe of sny ‘n belangrike dakkap af om elektriese pype deur te druk… Die lys van foute was op die ou end baie lank, (soos ek seker is die meeste van ons wat al iets te doen gehad het met ‘n bouery kan getuig). Die 2 sleutels van sukses was, in die eerste plek om kontrakteurs aan te stel wat trots is op hulle werk en in die tweede plek om net nie tou op te gooi nie. Om die foute reg te maak. Al was dit vir die 4de of 5de keer. Daar was genade vir elke dag.


En so is daar ook vir my en vir jou.


Ons is in ons Hemelse Vader se oë nooit so stukkend dat ons nie weer reggemaak kan word nie. Net soos die vers hierbo sê : "His [tender] compassions never fail. 23 They are new every morning; Great and beyond measure is Your faithfulness."


Dankie Jesus.


Amen.


73 views0 comments

Recent Posts

See All

Speel-Speel

Comments


Subscribe Form

Thanks for submitting!

0729977023

©2021 by Beloved ♥ Geliefd. Proudly created with Wix.com

bottom of page