top of page
Search

Geliefd


1 Corinthians 13:4-8 TPT

4Love is large and incredibly patient. Love is gentle and consistently kind to all. It refuses to be jealous when blessing comes to someone else. Love does not brag about one’s achievements nor inflate its own importance. 5Love does not traffic in shame and disrespect, nor selfishly seek its own honor. Love is not easily irritated or quick to take offense. 6Love joyfully celebrates honesty and finds no delight in what is wrong. 7Love is a safe place of shelter, for it never stops believing the best for others. Love never takes failure as defeat, for it never gives up. 8Love never stops loving. It extends beyond the gift of prophecy, which eventually fades away. It is more enduring than tongues, which will one day fall silent. Love remains long after words of knowledge are forgotten.


In die dorp waar ons woon is dit feitlik onmoontlik om van Valentynsdag te vergeet. Jong liefde in ‘n Studente Dorp bly nou maar eenmaal net te wonderlik. In ons straat is daar ‘n mans-koshuis en ‘n Seunskool, wat beteken dat die Spar om die hoek gewoonlik op die 13de en 14de Februarie oorloop van ongemaklike jong manne met ‘n bossie blomme of ‘n sjokolade of iets. ‘n Man kan nou maar eenmaal net nie meer ‘cool’ lyk as jy arms vol goed koop nie. Dit kos ‘n stukkie vulnerability om deur te druk en dit tot by die kar of jou rugsak en fiets te karwei.


Vanoggend sien ons op pad skool toe, hoe ‘n Matriek ‘n graad 8 omkoop om blomme te koop en na hom toe te bring. Dit maak dit egter nie minder ongemaklik om met die groot bos te wag tot jou meisie opdaag ...en jy blosend dit vir haar moet gee nie. Ek het sommer hardop gelag.


Liefde laat ‘n mens kwesbaar. Dit kos iets.


Valentynsdag was nog nooit ‘n groot dag in ons huisgesin nie. (Behalwe af en toe wanneer die kinders iemand in die oog gehad het.) Die eerste keer wat my man by my kom kuier het (toevallig in Februarie), het hy vir my persente saam gebring uit Namibië waar hy gewerk het, en toe ek verwys na Valentynsdag, wat toe al verby was, het hy my baie vinnig reg gehelp. ‘Hy glo nie in Valentynsdag nie, en die persente wat hy saamgebring het was definitief nie daarvoor nie!’


Ek het nie omgegee nie, want ek was dolverlief, maar ek bly ‘n romantiese mens en as ek dood eerlik moet wees, het ek al gewens dit was anders (tot ons al twee se frustrasie). Nou, na 22 jaar se getroud wees en na amper 30 jaar saam, weet ek dat dit juis my man se eerlikheid en opregte hart is, wat ek die meeste liefhet. Hy hou nie daarvan om in ‘n blik gedruk te voel nie. En hy haat dit as dinge geforseerd is of meer na ‘n verpligting as ‘n keuse voel. So op sy manier, het hy my lief op ander spontane, maniere reg deur die jaar en ek is mal daaroor! Ek hou van verassings en onbeplande avonture – en dit is definitief een van sy sterkpunte.


Ek besef dat daar ‘n groot onderskeid is tussen die wete dat iemand jou liefhet (tegnies) en om dit regtig te voel. Daarom die groot “Love Language” beweging, wat mense wil help om mekaar beter te verstaan en lief te hê. Maar ek dink dit moet met ‘n “disclaimer” gelees word, want vir lank was ek so self gesentreerd oor dit wat ek nodig het en dit wat my man nie is, of nie vir my kan gee nie, dat ek heeltemal vergeet het van al die wonderlike dinge wat hy wel is en wel vir my gee. Ware liefde kos iets – van albei partye. Partykeer kos dit ook om my prentjie van liefde bietjie aan te pas en vrede te maak met die persoon (wat ek gekies het), se manier om my lief te hê.


Kyk, my man glo nou wel nie in Valentynsdag nie, maar ek kan elke aand uit my maag uit lag vir sy simpel grappies voor ons aan die slaap raak. Hy is opreg. As hy vir my ‘n kompliment of geskenk of enige vorm van waardering gee, is dit omdat dit regtig uit sy hart uit kom. En ek kies dit een honderd persent bo ‘n peperduur bos blomme of wat ook al een keer ‘n jaar...

Die opdrag wat ek nogal baie raak lees die laaste ruk is in dié skrifgedeelte. Dit sê nie: "leer jouself so goed ken sodat jy weet wanneer jou ander helfte jou nie lief het nie", nee dit sê: “8 Above all, have fervent and unfailing love for one another, because love covers a multitude of sins [it overlooks unkindness and unselfishly seeks the best for others].( 1 Peter 4:8 AMP) Sjoe.

Ek sê nie hiermee dat ek my eie behoeftes moet ontken nie. Liefde is definitief nie ‘n eenrigting straat nie en ‘n mens se tenk kan leeg loop...Ek wil net die fokus so bietjie skuif en nie net dink aan alles wat ek nodig het nie, maar onselfsugtig die beste vir die mense wat ek lief het om my, soek. En dit kan net die Heilige Gees regkry! Menslik / langtermyn? Onmoontlik. Nee, hiervoor het ek God se liefde in my nodig. En baie daarvan! So mag ek gaan volmaak by Sy fontein van liefde sodat ek kan oorloop en die mense wat ek liefhet help om hulle dors ook by hierdie onuitputbare bron te les.


Die liefdes-water van Valentynsdag en sommer net menslike liefde in die algemeen, sal ons altyd weer laat dors kry. Daar is net Een Liefde wat ‘n fontein in ons laat opborrel en vir altyd ons dors kan les. Die Liefde van 1 Korintiërs 13 hierbo.


Sela.



167 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page