top of page
Search

Familie

Romans 8:16-18 (The Passion Translation)

16 For the Holy Spirit makes God’s fatherhood real to us as he whispers into our innermost being, “You are God’s beloved child!” 17 And since we are his true children, we qualify to share all his treasures, for indeed, we are heirs of God himself. And since we are joined to Christ, we also inherit all that He is and all that He has.[a] We will experience being co-glorified with Him provided that we accept his sufferings[b] as our own.[c


Vandag het ek die voorreg gehad om saam met familie te kuier. Niggies, ‘n nefie en aangetroudes wat ek nie eintlik goed geken het toe ek jonger was nie, maar weer “her-ontdek” het, later in my lewe.


Middel Desember is ek moeg-geploeg en lus vir vakansie en ‘n breek. Ek kon sien dat ek nie die enigste een is wat so voel nie, maar pizzas-bou en kuier om die swembad terwyl die kinders speel was heerlik en die beste medisyne vir ‘n ongelooflike besige week met ‘n onmoontlike werklading…


Terwyl ons lekker saam eet en gesels en kuier het dit my net weer laat besef hoe belangrik dit is: Dit was asof die klein kindertjies wat hulle vêrlangse familie vir die eerste keer ontmoet het, net anders gekyk het na ‘n niggie en ‘n nefie as wat hulle sou kyk na ‘n vreemde maatjie, asof hulle nuuskierig was oor dit wat hulle in gemeen het?


Om tussen mense te wees wat my tuis laat voel en onvoorwaardelik verwelkom is kosbaar. Ons is miskien nie almal dieselfde nie, maar daar is ‘n stukkie van myself en ‘n bekendheid wat ek in elkeen herken. My nefie se mannerismes en laggie wat my aan my Pa herinner. My oom (en Oupa) se potblou oë wat ek kan raaksien in my een niggie en my ouma se sagte glimlag en hartlikheid in die ander een; my sussie wat al hoe meer na my tannie lyk; almal se soet tand…en humorsin. Ons is veskillend, maar tog is daar hierdie onsienlike band wat ons saambind.


Miskien is dit wat jy raaksien in ‘n familielid (of dit wat julle in gemeen het) dalk juis die ding wat jou die meeste van jouself irriteer (ek weet daar is ‘n paar sulke gevalle vir my), maar mag ons, in hierdie kosbare tyd, fokus op die dinge wat ons kan koester en op die mooi konsentreer van wat dit beteken “om te behoort”. Dit is ‘n ongelooflike voorreg.


Mag ek dankbaar wees vir my eie gesin en familie. Daardie groepie mense wat my gevorm het en die grootste rol gespeel het in die persoon wat ek vandag is. Goed en sleg, dit bly die plek waar die Here my van die begin af wou geplant het en ek weet dat dit alles deel was (en is) van Sy groter plan vir my.


En dankie tog.


Dankie tog dat ons Hemelse Vader vir my as Sy kind aangeneem het. Ek is Syne – Hy het my by my naam geroep en ek behoort tot Sy gesin van gelowiges. My familie is ‘n uitgebreide een: Mense van ander lande, kleure en kulture wat aan Hom behoort. Ons familie se gemene deler: Ons Vader, Sy Seun en die Heilige Gees en Sy karakter wat besig is om in ons elkeen te vorm. Erfgename van God.


As dit dalk vir jou voel asof jy nie familie het, waar jy behoort of inpas of selfs net aanvaar word vir wie jy is nie, weet net dat jou Hemelse Vader met oop arms staan en wag vir jou om huistoe te kom.


En mag ek in Sy groot familie, ‘n stukkie van Hom raaksien in elkeen wat Hy oor my pad stuur: Verlangse familie of naby, in Jesus Christus het ons almal deel aan Hom.



Sela.



141 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page