Search

Die Hart van die Huis is in die Kombuis.

Exodus 40:34 (AMP)

"Then the cloud [the Shekinah, God’s visible, dwelling presence] covered the Tent of Meeting, and the glory and brilliance of the Lord filled the tabernacle.."


Badkamers en kombuise is seker dié belangrikste vertrekke om te ondersoek wanneer 'n mens oorweeg om 'n huis te koop. Hier word die prentjie redelik volledig ingekleur – al staan die res van die huis leeg. Die kaste, teëls, en afwerkings is tot ‘n groot mate permanent. (Tensy jy weer ‘n fortuin wil spandeer om dit te verander of op te dateer?)


Met die Libertas huis het ek net geweet dat ek mooi sou moes kies - veral in die kombuis. Iets wat spesiaal is met ‘n unieke karakter. So sit ek toe weer een middag besluiteloos voor die verskoopspersoon se tafel, toe hy (radeloos) vir my die teëls van “Wolkberg” wys as ‘n opsie vir die kombuis. Wolk-berg. (Ek weet nie hoe die mense van Wolkberg op die naam besluit het nie, maar dit het my dadelik laat dink aan die wolk van die Here se Teenwoordigheid in die Ou Testament en hoe die Heilige Gees ‘n mens soos ‘n wolk kan toevou…) Dit was toe ‘n maklike besluit. Die handgemaakte beton teëltjies wat soos ‘n legkaart inmekaar pas, sou perfek werk. Uniek en interessant. Die neutrale pallet kan ‘n mens inkleur met jou persoonlike voorkeur. Die beste van alles? Dit is handgemaakte kruisies. Die hart van dít waaroor ALLES gaan, sal in die hart van die huis wees: Die kombuis. Ek was kinderlik opgewonde toe dit die dag op terrein afgelewer word. Dit is maande vooruit bestel en versigtig uitgewerk. Elke kleur volgens ‘n patroon in net genoeg hoeveelhede. ‘n Kopkrapper vir die gesoute teëllaaar wat die tyd wat dit sou neem om te lê, dalk bietjie onderskat het. Dit het baie geduld gekos en op die ou end het ek ‘n “paint-by-numbers” legkaart met een vir een teël op die mure geteken, sodat die patroon makliker gevolg kon word. Dit was uit en uit die moeite werd! Die Wolkberg was in die kombuis - gebou uit klein krusies, elkeen handgemaak en uniek soos Sy liggaam.


My gebed was (en is) dat die persoon wat in die hart van daardie huis staan, ook Sy hartklop en wolk -teenwoordigheid sal voel.


Mag ek en jy onthou dat ons elkeen Sy beeld dra en in die Vader se teenwoordigheid mag ingaan. Hy wag vir ons op die Wolkberg, wat net 'n gesprek vêr is.

Amen


90 views0 comments

Recent Posts

See All