top of page
Search

Deo Volente

James 4:13-15 (Amp)

13Come now [and pay attention to this], you who say, “Today or tomorrow we will go to such and such a city, and spend a year there and carry on our business and make a profit.” 14[h]Yet you do not know [the least thing] [i]about what may happen in your life tomorrow. [What is secure in your life?] You are merely a vapor [like a puff of smoke or a wisp of steam from a cooking pot] that is visible for a little while and then vanishes [into thin air]. 15Instead [j]you ought to say, “If the Lord wills, we will live and we will do this or that.”


Ten spyte van die feit dat ek ‘n kreatiewe persoon is en impulsiewe besluite kan neem, het ek in die laaste jaar en ‘n half besef dat ek hou van voorspelbaarheid. Iets wat ek nooit voorheen sou gedink het nie! Vyf jaar gelede moes ek ‘n innerlike stryd oorwin wat “roetine” betref. Ek weet dit klink belaglik, maar vir my was dit soos ‘n vloekwoord… en nou (in die pandemie) is dit al wat ek kan gebruik om ‘n bietjie standvastigheid in my lewe te behou. Ironies genoeg, op ‘n tyd in my lewe waar ek self my roetine kan bepaal en nie by ‘n werkgewer se skedule moet inval nie!


Vir ‘n groot seisoen in my lewe (pre-2020) het dit vir my gevoel asof elke dag dieselfde is, en asof ons net elke week weer alles herhaal … Nóú mis ek daardie dae wat ek gemaklik in die ritme van die week kon inval en weet wat vir my voorlê… Werk, skool, sport oefeninge, ekstra klas, Saterdag wedstryde, Sondag kerk, vakansie… maar niks is nou meer so voorspelbaar nie. Dinge is totaal buite my beheer.


Saam met die onvoorspelbaarheid, kom daar ook terleurstellings. My verwagtinge van hoe dinge moet uitspeel, word om-vêr gewerp.


Troues. Begrafnisse. Matriekafskeide. Verjaarsdae. Geboortes.


So baie dinge waarna ons dalk uitgesien het (en lank oor gedroom het), lyk nou heeltemal anders en gaan waarskynklik nooit weer wees soos in die verlede nie. Ek sal die lig waarin ek dit gesien het, moet verander of terleurgesteld bly.


Dit gaan anders lyk. Punt.


In my geloofspad voel ek ook somtyds asof ek ‘n sekere idee het oor hoe dinge moet uitwerk. Veral wanneer ek al ‘n lang pad stap met ‘n droom in my hart of ‘n belofte wat ek ontvang het. Dit is dan wanneer ek myself moet herinner om net weer "oor te gee". Sy Vaderhart weet die beste. Sy beloftes staan vas. Dit gaan nie help as ek na Tarsus toe vlug soos Jona, of ‘n Ismael prakseer - terwyl ek wag vir ‘n Isak, soos Abraham nie. Nee, in die wagtyd bly Sy Woord ‘n lamp vir my voet. (Nie ‘n spitslig op my snelweg nie.) En treëtjie vir treëtjie wys Hy die Pad. Ek moet bly wag op Hom. Veral nou. Waar dit vir my voel asof die hele wêreld deurmekaar is, moet ek my verwagtinge en idees prysgee en oorgee.


En ás ek dan besef dat my ongehoorsaamheid óf beheer vat van die situasie óf net hoe ek dink dit moes lyk, maak dat ek in die maag van ‘n vis beland...ek dan nuut kyk na Nineve en Sy hart daarin raaksien. Sy Genade is groot genoeg om my weer op die strand uit te spoeg…


Vir solank as wat daar asem in my longe is , weet ek Hy het ‘n plan vir my lewe en wil ek daardie plan uitvoer. Ek gee my prentjie van hoe dit moet lyk, terug vir Hom, want Sy prentjie is ALTYD mooier en beter as wat ons ooit kan bid of dink.


Hier is ek Here, gebruik my weer. Skoon canvas.

Amen.


78 views2 comments

Recent Posts

See All
bottom of page