Search

Baksteenwerk

Galatians 6

9-10 So let’s not allow ourselves to get fatigued doing good. At the right time, we will harvest a good crop if we don’t give up, or quit. Right now, therefore, every time we get the chance, let us work for the benefit of all, starting with the people closest to us in the community of faith. (MSG)


Makwayi se storie is een van my gunstelinge.


Joe, soos hy na homself verwys (nie almal kan Makwayi reg uitspreek nie) het by my man begin werk as arbeider toe hy 19 jaar oud was. Vars uit die skool en nat agter die ore, het manlief gou die potensiaal in Joe raakgesien. Hy het dinge vinnig gesnap en bo die res van die arbeiders uitgestyg met sy dryf en honger om te leer. Na ‘n jaar het my man vir hom ‘n troffel gekoop en vir die messelaars gevra om hom op te lei om stene te lê. So het hy gegroei, todat hy uiteindelik gehelp het met die bestuur van die bouperseel.


Na 10 jaar in die boubedryf het my man teruggekeer na ingenieurswese en die boubesigheid het ontbind. Joe het die geleentheid aangegryp en sy eie span bymekaar gesit.


Deur die jare heen het ons hom al dikwels weer op ‘n bouperseel raakgeloop.


Joe het nou meer as een span wat vir hom werk en sy hele familie is by sy besigheid betrokke op een of ander manier. Hy doen goed. Hy ry ‘n splinternuwe, spierwit bakkie (wat elke oggend blink) en hy sorg dat al vier sy kinders die opvoeding en geleenthede kry, wat hy nie gehad het nie.


Wanneer ons vir Joe raakloop, glimlag hy van oor tot oor en verkondig aan almal wat gewillig is om te luister, dat my man sy “Pa” is. “Hierdie man het my alles geleer wat ek weet en dit is hý wat gesorg het dat ek is waar ek vandag is”, sal hy altyd sê.


Die klein gebaar om vir Joe ‘n troffel te koop en die potensiaal vir groei in hom raak te sien, het nie net sy lewe nie, maar ook dié van ‘n hele generasie om hom verander.


Hy het net iemand nodig gehad om in hom te glo.


Dit was dus nie ‘n moeilike besluit om vir Joe aan te stel om die baksteenwerk vir ons te doen by die Libertas projek nie - daar het hy weer vir mý soos ‘n pa gevoel. Sy geduld en bereidwilligheid om die ekstra myl te loop, was so spesiaal! Wanneer ek gevoel het asof ek gaan verdrink in die diep water, was hy vir my ‘n lewensboei.


Ons kan vandag so oorweldig voel deur die stand van sake in die wêreld, die verskriklike armoede en haaglike omstandighede waarin die meerderheid van ons land se mense lewe, dat dit ons heeltemal lamlê. Watse verskil sal dit wat ék kan doen, maak?


Maar mag Joe ons weer inspireer om te doen wat ons kan. Net dít kan ‘n verskil maak. Al is dit hoe onbelangrik in jou oë, dit mag dalk net ‘n lewe verander - en op die ou end, die lewe van meer mense as wat jy (kan) dink.


Amen.




71 views0 comments

Recent Posts

See All