top of page
Search

Afstand

Philippians 2:6-8

6He existed in the form of God, yet he gave no thought to seizing equality with God as his supreme prize. 7Instead he emptied himself of his outward glory by reducing himself to the form of a lowly servant. He became human! 8He humbled himself and became vulnerable, choosing to be revealed as a man and was obedient. He was a perfect example, even in his death—a criminal’s death by crucifixion! 9 Because of that obedience, God exalted him and multiplied his greatness! He has now been given the greatest of all names!


Vanoggend vroeg het ek my man, en ‘n goeie vriend, by die lughawe gaan aflaai. Hulle is op pad Johannesburg toe, vir ‘n fiets resies. Die opgewondenheid tasbaar in die motor. Baie ure se voorbereiding sal nou getoets word deur honderde kilometers af te lê en deur van die mooiste dele van ons land te toer. Wat ‘n voorreg.


Op pad soontoe, amper by die lughawe se afdraai, vlieg daar toe skielik ‘n vliegtuig baie laag oor die snelweg. Hy het sopas opgestyg en klim nie hoogtes in.


Terwyl ek kyk hoe hy hoër en hoër in die wolke verdwyn onthou ek: Ek het ‘n appeltjie te skil met ‘n liedjie oor ‘afstand’ en ‘hoogtes’. ‘n Goue oue wat ek (vir lank in my lewe) uit volle bors saam gesing het: “From a Distance” ‘n Liedjie geskryf in 1985 deur die sanger/liedjieskrywer Julie Gold en bekend gemaak deur Bette Midler. Dit is ‘n mooi liedjie en die lirieke en melodie sleur ‘n mens mee, maar ek kan nie meer uit volle bors saam sing nie. Hierdie woorde steek dwars in my keel vas en krap my maag om.


Soos ‘n wit leuentjie.

Of ‘n skinderstorie.


Dit is nie die waarheid vir my nie.


My God is nie ‘n god wat sy afstand hou nie. Hy hou my nie dop van daar bo af, waar alles klaarblyklik vreedsaam lyk en harmonieus is nie. Nee, my God is ‘n liefdevolle, betrokke Vader wat nie omgee om Sy hande vuil te maak en in stofstrate te loop nie. Hý wat mens geword het en onder ons kom woon het. Wat met Sy vinger in die stof geskryf het en aan melaatses gevat het. Blindes genees het en met die uitgeworpenes van die samelewing gesels- en vriende geraak het. Hy wat doodgewone mense (soos ek en jy) gebruik het (en nogsteeds gebruik) om Sy Koninkryk hier te kom vestig.


Dit is Hy wat so in die fynste besonderhede betrokke was by Sy dissipels, dat Hy selfs wonderbaarlik voorsien het in die tempelbelasting wat hulle moes betaal deur ‘n silwermuntstuk in ‘n vis se maag. (Matt 17:24-27)


Dít is my God. Hy sien alles raak. En Hy is naby my. Só naby, dat hierdie einste God wat die hemele geskep het en vir elke ster ‘n naam gegee het - ook die hare op my kop tel.


Dawid sê in Psalm 139: 1-9 “ Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 2 Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 3 Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. 4 Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. 5 U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. 6 Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. 7 Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? 8 Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. 9 Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, 10 ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas.” (1983 Vertaling)


Hierop wil ek eintlik net Amen sê. Dit is wie my God is. Hy ken my en my gedagtes. Hy is nie bang vir my moeilike dae nie en nie verbaas oor al my vrae nie. Hy weet presies wat ek nodig het. Selfs wanneer ek dalk ander idees oor my behoeftes het. Hy weet. Hy gee om en Hy is nie vêr nie. Daarom sal ek aanhou om hierdie lewe saam met Hom te leef en Hom in elke klein detail daarvan innooi. Ek weet dat Hy hier is. By my. In my alledaagse slaap-, eet-, skottelgoed was-, inkopies doen-, kinders grootmaak-, parkeerplek soek- lewe.


Immanuel is Sy Naam.


God met ons.

God by my.


Sela.



85 views1 comment

Recent Posts

See All
bottom of page