Luke 10: 38 Now while they were on their way, Jesus entered a village [called Bethany], and a woman named Martha welcomed Him into her home. 39 She had a sister named Mary, who seated herself at the Lord’s feet and was continually listening to His teaching. 40 But Martha was very busy and distracted with all of her serving responsibilities; and she approached Him and said, “Lord, is it of no concern to You that my sister has left me to do the serving alone? Tell her to help me and do her part.” 41 But the Lord replied to her, “Martha, Martha, you are worried and bothered and anxious about so many things; 42 but only one thing is necessary, for Mary has chosen the good part [that which is to her advantage], which will not be taken away from her.”
My Mia kind is hierdie jaar in matriek! Ek kan dit amper nog steeds nie glo nie, al is die jaar al klaar so te sê halfpad. Na ‘n besige naweek en ‘n lang-pampoentjies-siek -bed, oefen sy na ete vir ons haar voorbereide stuk vir haar Engelse klas, wat sy moet voorlees. Dit is so kosbaar. Laastes van die laastes, maar ek luister met ‘n halwe oor, want ek is besig om my dagboek inskrywings vir die week te beplan. Terwyl ek probeer dink hoe ek môre 16 ure se werk in ‘n 8uur dag gaan inpas, lees sy oor “nee” sê. My ore spits en ek glimlag. Twee keer hierdie naweek het ek vir verskillende mense gesê ek dink ek moet meer nee sê... hierdie stuk voel nie toevallig nie...
Die artikel wat sy voorlees se opskrif is: “ The ultimate productivity hack is saying no”
Een gedeelte wat my spesifiek opval, is die volgende: “The words “yes” and “no” get used in comparison to each other so often that it feels like they carry equal weight in conversation. In reality, they are not just opposite in meaning, but of entirely different magnitudes in commitment. When you say no, you are only saying no to one option. When you say yes, you are saying no to every other option. I like how the economist Tim Harford put it, “Every time we say yes to a request, we are also saying no to anything else we might accomplish with the time.” Once you have committed to something, you have already decided how that future block of time will be spent. In other words, saying no saves you time in the future. Saying yes costs you time in the future. No is a form of time credit. You retain the ability to spend your future time however you want. Yes is a form of time debt. You have to pay back your commitment at some point. No is a decision. Yes is a responsibility.”
No is a decision. Yes is a responsibility.
Dit klink so voor die hand liggend en eenvoudig? Ek kyk weer na my dagboek en al die verantwoordelikhede voor my. Dit maak my sommer al klaar moeg en die week het nog nie eens begin nie! Ek staar na die vol bladsy en toe besef ek skielik dat dit nie net die feit is, dat daar bloot net nie genoeg ure in ‘n dag is om alles te doen nie, maar dat dit ook die verantwoordelikheid en voorspelbaarheid van die dag is, wat my vang. My kreatiewe brein hou van ‘n skoon canvas met moontlikhede. Wanneer ek myself tot te veel dinge verbind, is daar nie ruimte vir die onverwagse of onvoorspelbare nie. My tyd boekie se balans is in die rooi... en daar is nie krediet vir speel of kreatief wees nie, want al die “ja’s” is gelyk aan verantwoordelikhede wat nagekom moet word...
Om hierdie siels moegheid te oorkom sal ek moet tyd inbou vir rus en sommer net speel. Of dit nou is met my hond of my kinders of ‘n stuk papier en ‘n potlood, ek sal moet ‘n plan maak...veral wanneer die werk in dae en aande en naweke oorspoel.
Dit is immers hoe ons aanmekaar gesit is. Selfs Jesus het in sy besige skedule tyd gemaak om Homself af te sonder en Sy tenk vol te maak in Sy Vader se teenwoordigheid. Die heel beste plek om weer te herlaai en daarvoor sal ek my “nee” moet oefen.
Soos die wyse Maria in die gedeelte hierbo besef het: Om by die Here se voete te sit, is die heel beste plek om te wees. Hier staan tyd stil en word my beker vol. Ek kan rus, kreatief wees en sommer net ontspan. Ek kan luister en leer, vol maak, leeg maak en intree. Dans? Sing? Ja! 'n Goeie Ja!
Dit is die enigste ding wat regtig nodig is, want dit waarvoor ek ook al moes “nee” sê om hier te wees, in Sy teenwoordigheid, kan nooit vergelyk met die kosbare skatte wat in my hart gedeponeer word nie. Buite die beperkings van tyd en ruimte, ander ja’s en verantwoordelikhede.
‘n Nuwe lus vir die lewe hier en tyd-krediet vir ‘n ewigheid.
Ek sê nee, vir hierdie ultimate JA.
Sela.

Comments